Deur Stichting de Ondergrondse Kerk (SDOK)
Bron: SDOK

Verlede Sondag is die Iranse Christen, Saheb Fadaie, 80 keer met ’n sweep geslaan. Dit was as straf omdat hy nagmaal gebruik het en die nagmaalwyn gedrink het. In Iran, ’n Moslem-land, is die drink van alkohol streng verbode vir Moslems sowel as die wat nie Moslems is nie.

Saheb is In 2016 saam met sy voorganger Yousef Nadarkhani en sy vrou Fatemeh (Tina) Pasandideh, asook Mohammad Ali (Yaser) Mosayebzadeh en Mohammad Reza (Youhan) Omidi in hegtenis geneem.

’n Jaar later is die vier mans tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hulle “ nasionale veiligheid bedreig het deur huiskerke te propageer en die Sionistiese Christendom te bevorder”. Die vonnisse is vir Saheb en Yousef tot ses jaar verkort en tot twee jaar vir Youhan. Yasser se situasie is onbekend. Tina en Youhan is vrygelaat.

SDOK vra vir gebed: “Bid vir Saheb, vir God se vrede en vir genesing. Bid vir sy vrou en kinders. Bid ook vir ander Christene in Iran.”

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


20 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.