22 Mei 2019

Iran het sy produksie van hoog-verrykte uraan viervoudig vermeerder te midde van spanning met Amerika  oor Teheran se verontagsaming van die kernooreenkoms, berig twee nuusagentskappe.

Die aankondiging het gevolg op die hakke van dreigemente wat tussen president Donald Trump en Iran se minister van buitelandse gevlieg het.

Hoewel die berigte gesê het die produksie is van uraan, wat slegs verryk is tot by die perk van 3,67%  – soos bepaal deur die 2015-kernooreenkoms wat Teheran met wêreldmagte gesluit het – beteken dit dat Iran binnekort die beperking vir opgaarvoorraad gaan oorskry wat ook deur die ooreenkoms vasgestel is.

Die die semi-amptelike Fars- and Tasnim-nuusagentskappe het berig oor die viervoudige produksie, en Behrouz Kamalvandi, die woordvoerders van Iran se kernagentskap, aangehaal. Hy het gesê die toename in produksie van die 3,67% verrykte uraan beteken nie dat Iran die aantal sentrifuges wat in gebruik is, ook vermeerder het nie –  ’n verdere voorvereiste van die kernooreenkoms.

Hy het gesê Iran sal “binne weke” die perk van 300 kilogram bereik wat deur die kernooreenkoms gestel is.

Kamalvandi het gesê Iran het die Internasionale Atoomenergie-agentskap ingelig oor sy stappe. Die IAEA het nie dadelik op ’n versoek op kommentaar gereageer nie.

Iran het gesê dit sal begin om nie meer gehoor te gee aan die bepalings van die ooreenkoms nie en het 7 Julie as die sperdatum gestel vir Europa om nuwe terme op te stel, anders sal  Iran die uraan begin verryk tot op vlakke wat geskik is om kernwapens mee te vervaardig.

Teheran lank het daarop aangedring dat dit nie kernwapens wil vervaardig nie, hoewel die Weste vrees dat die kernprogram die bou van die wapens kan fasiliteer.

Die Britse minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, het aan joernaliste in Genève gesê Iran moenie Amerika se voorneme betwyfel nie. Hy het gewaarsku “as Amerikaanse belange aangeval word, sal hulle weerwraak neem.”

In Saoedi-Arabië het die koninkryk se weermag twee missiele onderskep wat deur die Iranse-geallieerde Houthi-rebelle in die naburige Jemen afgevuur is. Die missiele is oor Taif en Jidda, ’n hawestad by die Rooisee, onderskep, berig Al-Arabiya. Die Saoedi-regering het nog nie erken dat die missiele afgevuur is nie.


Bron: unitedwithisrael.org

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.