Bron: christianheadlines.com

Die debat vír of teen inenting teen COVID-19 woed voort. Dit beïnvloed elke sfeer van die samelewing, insluitend sendingorganisasies en sendelinge wat ook hierdie besluit moet neem.

Die internasionale sending-entiteit van die Southern Baptist Convention het vandeesweek aangekondig dat daar van sy sendelinge vereis sal word om teen COVID-19 ingeënt te word. Die sendingentiteit het gesê dat dit nodig is sodat die Evangelie steeds oor die hele wêreld verkondig kan word tydens die wêreldwye pandemie, berig christianheadlines.com.

Volgens die berig het die internasionale sendingraad, wat meer as 3 600 sendelinge in die veld het, gesê dat die nuwe beleid vereis dat die sendelinge en kinders van 16 jaar en ouer ingeënt moet word voordat hulle die “veldpersoneeloriëntasie” bywoon en hulle internasionaal gaan bedien. Sendelinge wat na Amerika terugkeer, moet ook ingeënt word voordat hulle konferensies in Amerika kom bywoon. Bywoning van die oriëntasie en die konferensie is verpligtend vir sendelinge.

Die sendingraad het gesê dat “’ ’ groeiende aantal lande waar sendelinge dien” nou bewys van COVID-19-inenting vereis om die land binne te kom, daar te woon of die land te verlaat.

Lees die volledige berig by christianheadlines.com


10 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.