Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Daar is verlede week berig dat meer as 1 900 mense hulle lewens verloor en ongeveer 14 000 gearresteer is in die onrus wat op die staatsgreep gevolg het. Dit is 500 dae sedert die burgerlike regering op 1 Februarie 2021 deur die weermag (Tatmadaw) in Mianmar omvergewerp is.

Op 14 Junie het Tom Andrews, die Verenigde Nasies (VN) se spesiale rapporteur oor die stand van menseregte in Mianmar, die risiko van ’n “verlore generasie” kinders uitgelig. Hy het gewaarsku dat dit die geval sal wees indien daar nie dringend stappe gedoen word om hulle te beskerm teen die geweld van die Tatmadaw se onderdrukking van die opposisie nie. Dit het tans ’n grootskaalse toename van die politieke, ekonomiese en humanitêre krisis in Mianmar tot gevolg.

Bo en behalwe die feit dat kinders dikwels in die kruisvuur vasgevang word, word die juntas ook daarvan beskuldig dat hulle doelbewus kinders teiken. Die statistiek wat aangeteken is, sluit die dood van meer as 142 kinders in, sowel as dié van ten minste 61 wat gyselaar geneem is, die arbitrêre aanhouding van ongeveer 1 400 en die marteling van 142.

Die VN skat verder dat 7,8 miljoen kinders nie skool bywoon nie, terwyl derduisende kinders geen toegang tot inentings en ander noodsaaklike gesondheidsdienste het nie. Aangesien slegs 10% van die nodige fondse vir die Mianmar Humanitêre Reaksieplan 2022 deur die internasionale gemeenskap bewillig is, moes lewensreddende programme vir kinders uitgestel word. Sedert die uitbreek van massaprotesoptrede en opstande – insluitend burgerlike rebellegroepe wat die juntas militêr teenstaan – het die VN al meer as een miljoen ontheemdes aangeteken, waarvan 800 000 intern verplaas is.

Intussen is die Rohingya-vlugtelinge steeds verplaas. Die meeste bly in oorvol vlugtelingkampe in Bangladesj, met 900 000 Rohingya wat in die Kutupalong-vlugtelingkamp gehuisves word. Die Rohingya word as “die wêreld se mees vervolgde minderheidsgroep” bestempel. Die Rohingya is in effek staatloos omdat die regering van Mianmar hul burgerskap as een van die land se 135 amptelike etniese groepe ontken. Ondanks hulle staatloosheid en die feit dat die Rohingya wat steeds in Mianmar bly, voortdurend aan geweld en menseregte skending onderworpe is, het tienduisende Rohingya laas week betoog en geëis om veilig na hul “tuiste” in Mianmar te kan terugkeer.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Op Sondag 19 Junie het Pous Franciskus sy stem by dié van die biskoppe van Mianmar gevoeg in ’n beroep op die internasionale gemeenskap dat die mense van Mianmar se reg tot waardigheid, reg tot lewe, noodsaaklike dienste en aanbiddingsplekke nie vergeet moet word nie. Na wat verneem word, hou die Tatmadaw steeds aan om kerke en kerkinstansies te teiken, tesame met ander vorme van vervolging van Christen minderhede, soortgelyk aan die meer bekende verdrukking van die Moslem-meerderheid Rohingyas.

Die kommer dat die militêre staatsgreep van Februarie 2021 tot die hernude verdrukking van gelowiges sou lei (soos voorheen onder militêre regimes ervaar is), het ’n werklikheid geword. Saam met berigte van gevegte in oorwegend Christen state soos die Kachin-, Karen- of Shan-staat, word meer Christene uit hulle huise verdryf om in vlugtelingkampe te woon as ooit tevore.

Die wêreldwye Kerk moet onthou om vir Mianmar en sy bevolking te bid, aangesien hulle moeilike situasie maklik vergeet word terwyl die wêreld se aandag op ander krisisse, soos die oorlog tussen Oekraïne en Rusland, gevestig is.

Die onlangse Rohingya-protesoptrede in die kampe moet ons ook daaraan herinner om die Here se liefde en empatie vir die vreemdeling, wees en weduwee uit te leef. “Die Here sien [inderdaad] oral; Hy hou slegte en goeie mense dop” (Spreuke 15:3). En nie eers een mossie – wat minder werd is as ’n sent – val op die grond sonder die wil van die Vader nie (Mattheus 10:29). Vervolgde Christene kan hulle krag en vreugde in die Here vind, maar dié wat Christus nie ken nie, kan nie hulle hoop in die Evangelie van verlossing vind nie. Die wêreldwye Kerk kan dus bid vir die redding van Mianmar se grootliks onbereikte meerderheid Bamar-etniese groep (meer as 31 miljoen), sowel as vir die Rohingya. Bid ook dat ’n veilige oplossing vir hulle ontworteling gevind sal word, aangesien etlike repatriasiepogings in die verlede misluk het.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat die Here in die harte van die junta (Tatmadaw) sal werk, dat dit sal lei tot die herstel van ’n burgerlike regering, die veilige repatriasie van die Rohingya en ’n oplossing vir hulle staatloosheid,
  • dat die internasionale gemeenskap sal help om die menige krisisse wat ná die Februarie 2021 staatsgreep ontstaan het, op te los; dat hulle nie die lyding van die bevolking, die Rohingya, en die baie ander minderheidsgroepe sal vergeet nie,
  • vir ’n geestelike herlewing onder Mianmar se meerderheidsgroep, die Bamar, wat bekend is vir hulle weerstand teen die Evangelie, en vir die Rohingya, dat baie hulle hoop en redding in Christus sal vind.

28 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org