Deur: Geopende Deure SA
Bron: opendoors.org.za

‘n Ongeïdentifiseerde aanvaller het op die aand van die 27ste Junie vir Fernando Tambunan, ’n pastoor in Deli Serdang, Noord-Sumatera, geskiet terwyl hy buite op die terras van sy huis gesit het. Hy het pas aandete genuttig en na buite gegaan vir vars lug. Sy vrou was geskok toe hy na binne strompel terwyl hy sy bebloede borskas vashou en sê: “Ek is geskiet!” Pastoor Fernando is na die hospitaal gehaas en het gelukkig die aanval oorleef.

Die aanvallers, wat lede van ’n bende is, is in hegtenis geneem. Die rede vir die skietery was omdat pastoor Fernando geweier het om hulle “sekuriteitsfooi” van Rp50 000 (R57,47) te betaal. Hierdie boosdoeners dreig dié wat hulle nie betaal nie deur motorbande af te blaas of elektrisiteit in die gemeenskap af te sny.

Gebedsversoek:
1. Ons dank die Here dat die prosedure om die koeël te verwyder suksesvol was en dat Pastoor Fernando veilig is en besig om te herstel van die geweerskoot.
2. Bid asseblief dat God Fernando se gesin sal beskut en beskerm. Bid dat hulle op God sal vertrou as hulle beskermer en dat hulle nie sal toelaat dat vrees van hulle harte besit neem nie.

Klik hier om meer te wete te kom oor die vervolging van gelowiges in Indonesië.

*Foto slegs ter illustrasie


3 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org