Bron: International Christian Concern

In Nigerië is 3 462 Christene reeds in die eerste helfte van hierdie jaar met geweld doodgemaak. Dit is volgens ’n verslag van ’n internasionale burgerregtebeweging. Dit is ’n skokkende getal wat die dodetal (3 530) in 2020 al amper oortref. “Christelike boeredorpies word herhaaldelik aangeval, tienduisende mense het die afgelope 20 jaar gesterf,” het International Christian Concern (ICC) gesê.

Fulani-herders, wat ekstremistiese Moslem-groepe steun, is verantwoordelik vir die meeste moorde op Christene: 1 909 Christene is deur hulle vermoor. Ander ekstremistiese Moslem-groepe soos Boko Haram en ISWAP (’n tak van die Islamitiese Staat) het meer as 1 000 gedood. “Boonop het honderdduisende Christene alles verloor wat hulle gehad het en is hulle nou vlugtelinge,” het die ICC gesê.

Die organisasie het gesê dat dit skokkend is dat dié wat verantwoordelik is vir die slagtings, daarmee wegkom. “Die oorlewendes en familielede van slagoffers word deur die regering van Nigerië in die steek gelaat.”

Vanjaar is 300 kerke geteiken en is ten minste tien voorgangers ontvoer of vermoor.


27 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.