Bron: cbn.com

Die Amerikaanse hoof van binnelandse veiligheid, Alejandro Mayorkas, het erken dat die Withuis dit sterk oorweeg om weer voort te gaan met die konstruksie van die “Trump-grensmuur” om die immigrasie-krisis die hoof te bied.

Volgens berigte van CBN News  is die toestroming van immigrante na Amerika by die suidwestelike grens die hoogste in 20 jaar. ABC News het interne grensbeheerdokumente bekom wat aandui dat daar bykans 4 000 migrante by die Donna, Texas-fasiliteit is – dit is veronderstel om slegs 250 mense te huisves. Die situasie is benard.

Die Biden-administrasie beskuldig voormalige president Donald Trump en sy administrasie vir die krisis, maar Republikeine kritiseer die Biden-administrsie omdat hulle Trump se grensmuurkonstruksie gestaak het en met die retoriek van die Demokrate se verkiesingsveldtog ’n duidelike boodskap gestuur het dat die grens oop is.

Trump het Dinsdag gesê dit sou ’n baie positiewe stap van die Biden-bewind wees om die bouwerk aan die muur te hervat. Volgens hom is baie skade aangerig omdat die muur feitlik voltooi sou gewees het as die Demokrate nie die proses twee jaar lank vertraag het met regsgedinge nie.


8 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.