Bron: incontextinternational.org

Indië se nuwe koronavirusinfeksies het op Maandag 26 April ’n rekordhoogtepunt vir die vyfde agtereenvolgende dag bereik. Lande, waaronder Brittanje, Duitsland en Amerika het belowe om dringend mediese hulp te stuur om die krisis, wat Indië se hospitale oorweldig, te help bekamp.

Indië se daaglikse nuwe COVID-19-infeksies het deurgaans 300 000 oorskry, met tans meer as 2 500 sterftes per dag; die hoogste sedert die begin van hierdie wêreldwye pandemie. Die Indiese gesondheidsorgstelsel is op die randjie om in een te stort as gevolg van die jongste toename in gevalle.

Baie hospitale moes pasiënte noodgedwonge wegwys weens die gebrek aan suurstof en beddens. In Nieu-Delhi, die hoofstad van Indië, moes streng inperkings ook verleng word. Die wêreld se grootste entstofvervaardiger, die Serum Institute of India is in Indië, maar net ongeveer 8,6% van Indië se bevolking het minstens een dosis entstof tot dusver ontvang. Die jongste toename in gevalle het die Indiese regering genoop om die uitvoer van entstowwe na verskeie lae- en middelinkomstelande, te weerhou.

Volgens die Our World in Data-projek van die Universiteit van Oxford, is inentings baie gekonsentreer in welgestelde lande: 82% van die entstowwe wat wêreldwyd toegedien is, was in lande met ’n hoë- of hoë-middelinkomste. Slegs 0,2% van die dosisse is in lande met ’n lae inkomste toegedien.

Indië is die tuiste van ongeveer 1,3 miljard mense, waarvan 95,6% van die bevolking nog “onbereik” is die Evangelie van Jesus Christus. Baie van diegene wat die huidige COVID-krisis in die gesig staar, het nog nooit van Jesus gehoor nie en baie het reeds sonder om van Hom te hoor, gesterf. ’n Medewerker van INcontext in Indië het berig dat tien van hul bedieningslede in die afgelope 15 dae oorlede is weens COVID-19, en dat hulle hulpeloos voel.

Bid asseblief saam met ons vir Indië, sowel as vir ons broers en susters in hierdie land. Kom ons tree namens hulle, vir hierdie haglike situasie, by ons Vader in.


2 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.