Bron: CBN News

Die berig dat die Amerikaans president, Joe Biden, formeel erken het dat die sistematiese moorde en deportasies van honderdduisende Armeense burgers deur die Ottomaanse Ryk in die vroeë 20ste eeu ’n “volksmoord” was, skep hoop vir Armeniërs wat onder ’n hernieude aanslag op deurloop.

Pres. Biden se voorgangers het die term “volksmoord” vir die gruweldade wat deur Turkye gepleeg is, dekades lank vermy om bande met Turkye te beskerm. Dit was egter een van pres. Biden se verkiesingsbeloftes om menseregte ’n belangrike riglyn van sy buitelandse beleid te maak.

Volgens ’n berig van CBN News het hy verlede jaar tydens die verkiesingsveldtog aangevoer dat versuim om die gruweldade teen die Armeense volk nie ’n volksmoord te noem nie, die weg sal baan vir toekomstige groot gruweldade. Na skatting is 2 miljoen Armeense gedeporteer en 1,5 miljoen gedood in die stryd.

Die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlut Cavusoglu, het onmiddellik die verklaring van pres. Biden gekritiseer.

Armeense Christen-gemeenskappe in lande soos Turkye en Azerbeidjan staar weer ’n volksmoord in die gesig. Die betrekkinge tussen Armenië en Turkye is gespanne sedert die Eerste Wêreldoorlog toe meer as een miljoen etniese Armeniërs in die Turkse Ottomaanse Ryk vermoor is – ’n volksmoord wat Turkye ontken.

Azerbeidjanse magte word daarvan beskuldig dat hulle Armeense krygsgevangenes gemartel en mishandel het tydens die onlangse konflik in Nagorno-Karabakh. Die troepe het die gebied in September 2020 binnegeval en ± 100 000 Armeniërs ontwortel.

Volgens Human Rights Watch is gevange soldate geslaan, met verhitte metaalstawe en elektriese skokke gemartel, mediese hulp geweier en van slaap, kos en water ontneem. Die konflik bedreig een van die oudste Christen-gemeenskappe ter wêreld. Die Armeense volk het omstreeks 301 n.C. die eerste Christelike nasie geword. Die geweld en mishandeling laat vrese ontstaan oor ’n hernude volksmoord teen die Armeniërs. Armeense bronne skat dat soveel as 1 450 Armeense mense vermis word waarvan 150 laas lewendig gesien is as gevangenes in Azerbeidjan.

Foto: Die Armeense Volksmoord-Gedenkteken, in Yerevan


26 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.