Bron: incontextinternational.org
Deur Donnelly McCleland

Kernbewapende Buurlande, Pakistan En Indië, Toon Tekens Van Herstelde Betrekkinge

Daar is hoop vir verbeterde diplomatieke verhoudinge tussen Pakistan en Indië

Die Pakistanse weermaghoof, Qamar Javed Bajwa, het onlangs ’n beroep op Pakistan en Indië gedoen om “die verlede te begrawe” en te streef na ’n stabiele, diplomatieke verhouding. Dit kom een maand na die skietstilstand van 25 Februarie in die betwiste Kasjmir-streek.

Bajwa sê die aanhoudende geskille in Kasjmir “sleep die streek terug na ’n moeras van armoede en onderontwikkeling.” Hy het benadruk dat dit tyd is dat die streek moet werk aan die bestryding van uitdagings soos hongersnood, ongeletterdheid en siektes deur “samewerking, ’n vreedsame naasbestaan en die deel van hulpbronne”.

Pakistan en Indië voer dekades lank al ’n stryd, met twee van hul drie oorloë wat oor beheer in die Kasjmir-streek gegaan het. Kasjmir is verdeel tussen Indië en Pakistan, maar al twee lande wil die streek in sy geheel vir hulleself opeis. Indië het Pakistan se weermag daarvan beskuldig dat hulle die seperatistegroepe ondersteun wat teen Indiese beheer veg, terwyl Pakistan Indië beskuldig van die onderdrukking van die meerderheid Kasjmiri-Moslemgroep.

Spanning het sedert 2019 toegeneem nadat die Indiese premier, Narendra Modi, Kasjmir van sy spesiale status gestroop het. Daar was verskeie gevalle van noodlottige konflik langs die beheerlyn sedert hierdie wysiging van hul status. Pakistan het ’n beroep op Indië gedoen om die besluit van 2019 om te keer en ander administratiewe wette, wat deur Indië ingestel is, te hersien. Vorige pogings om spanning in die streek te verlig, het vanaf burgerlike regeringsleiers gekom, terwyl die nuwe inisiatief deur Pakistan en Indië se militêre leierskap geloods is.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Pakistan sowel as Indië het ’n baie klein Christen-bevolking (onderskeidelik 0.9% en 2% volgens Joshua Project). Dit is bemoedigend om in ’n land met ’n Christen-minderheid iemand in ’n posisie van gesag en invloed te sien wat die kenmerke van ’n “man van vrede” toon (soos die weermaghoof, Bajwa).

Dit bring opnuut hoop dat daar daadwerklike stappe in die rigting van blywende vrede in die streek geneem word. In die boek Handelinge word die “man van vrede” beskryf as iemand wat goedgesind is teenoor diegene wat die Evangelie wil verkondig. So ’n persoon is nie noodwendig ’n gelowige (of volgeling van Christus) nie, maar is openhartig is en openbaar ’n vreedsame benadering teenoor ander.

Alhoewel daar klaarblyklik geen Christelike invloed by die optrede van die Pakistanse weermaghoof betrokke was nie, kom hy voor as ’n man van vrede en kan dit moontlik ’n kanaal word waardeur die Here kan werk. Hy het Pakistanse en Indiese leiers met ’n ander gees benader, een wat nie van ’n militêre leier verwag word nie en in teenstelling met die norm in die streek is.

Die twee kernbewapende buurlande is dekades lank reeds vyandiggesind teenoor mekaar en dit het dikwels gepaard gaan met dodelike militêre optrede. ’n Tydperk van meer vrede en samewerking in die streek gee gelowiges in dié twee nasies die geleentheid om Christus se karakter van vrede en versoening uit te leef na hul bure wat nog nie vir Christus ken nie.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid vir ’n toegewyde reaksie deur die leierskap van al twee lande; een wat streef na vrede en samewerking
  • dat die gees van vrede nie in die weermaghoof, Qamar Javed Bajwa, geblus sal word nie
  • dat die weermaghoof se opmerkings rakende vrede die Pakistane en Indiërs se gedagtes sal oopmaak vir die moontlikheid van vrede en dat dit uiteindelik sal lei tot ’n ontmoeting met die Vredevors

29 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.