Bron: cip.nl

Nicola McDermott was die eerste Australiese atleet wat twee meter gehaal het met hoogspring. Sy kwalifiseer hiermee vir die Olimpiese Spele in Tokio en het oor haar geloof getuig.

“Ek het daardie dag uitgegaan sonder om bang te wees, in die wete dat ek geliefd is,” het McDermott gesê.

Sy het getuig dat haar inspirasie om die rekord daardie dag te breek, uit 1 Johannes 4:18 kom: Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite …

“Ek het daardie dag onwrikbare geloof gehad en geglimlag toe ek na die lat kyk. Ek het geweet dat ek reeds die rekord ontvang het. Ek was nie meer bang vir die hoogte wat my sewe weke tevore die skrik op die lyf gejaag het nie,” het sy op Facebook gesê.

McDermott het daardie dag ’n Betty Cuthber-toekenning ontvang vir die beste individuele prestasie in 2021. Sy beskou haar prestasie as ’n “wonderlike platform om die konstante en onbevooroordeelde liefde van Koning Jesus aan die hele wêreld oor te dra.” Sy beklemtoon: “As Jesus in jou lewe kom, genees Hy jou. Die vryheid wat jy ontvang, bring vreugde. Ek het dit deur my sprong self ervaar. Wanneer ek nou spring, ongeag of ek wen of verloor, weet ek dat dit tot eer en verheerliking van God is.”


30 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.