Bron: The Christian Post

Die Finse parlementslid Päivi Räsänen het ondersteuning ontvang van ’n aantal hoogleraars noudat sy aangekla is weens haar Bybelse siening oor die huwelik.

Sy is van mening dat die huwelik ingestel is vir die verbintenis tussen ’n man en ’n vrou. Räsänen staar ses jaar tronkstraf in die gesig. Sy word op drie verskillende etniese gronde aangekla, berig The Christian Post. “Hierdie aanklag is ’n vorm van verdrukking,” het die hoogleraars gesê.

Räsänen is die moeder van vyf kinders en is getroud met ’n predikant. Sy het sewe termyne in die parlement van die Finse regering gedien en dien ook as minister vir die Christen-Demokrate.

Die aanklagte duur al sedert 2019. In ’n ope brief versoek die hoogleraars van die Harvard-, die Yale- en die Princeton-universiteite nou dat die aanklagte laat vaar word.

In die ope brief word aangevoer dat die vervolging van Räsänen in stryd is met universele menseregte. Dit het betrekking op artikel 18 en artikel 10 van die Europese reg. Dit behels die reg om “jou geloof en godsdiens deur middel van onderwys uit te druk”.


3 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.