21 Mei 2019

Nog ’n terugslag vir die Australiese rugbyspeler, Israel Folau. ’n Paneel van drie het sy appèl verwerp. Sy kontrak is in April beëindig, maar die paneel is aangewys om oor sy lot te beslis nadat die sportman teen die besluit geappelleer het.

Sy ontslag uit die Australiese nasionale rugbyspan het gevolg nadat hy na 1 Korintiërs 6:9 verwys het op Instagram. Sy plasing op Instagram is steeds daar en begin met die woord: “Warning” voordat dit ’n lys van sondes opnoem wat mense hulle van moet bekeer, of ewige verdoemenis in die gesig staar. Dit sluit ook die woorde in: “Those that are living in sin will end up in hell unless they repent. Jesus Christ loves you and is gving you time to turn away from your sin and come to him.”

Die Instagram-boodskap is nog steeds aanlyn.

View this post on Instagram

Those that are living in Sin will end up in Hell unless you repent. Jesus Christ loves you and is giving you time to turn away from your sin and come to him. _______________ Now the works of the flesh are manifest, which are these , adultery, fornication, uncleanness, lasciviousness, idolatry, witchcraft, hatred, variance, emulations, wrath, strife, seditions, heresies, envyings, murders, drunkenness, revelings, and such like: of the which I tell you before, as I have also told you in time past, that they which do such things shall not inherit the kingdom of God.
Galatians 5:19‭-‬21 KJV _______________ Then Peter said unto them, Repent, and be baptized every one of you in the name of Jesus Christ for the remission of sins, and ye shall receive the gift of the Holy Ghost.
Acts 2:38 KJV _______________ And the times of this ignorance God winked at; but now commandeth all men every where to repent:
Acts 17:30 KJV _______________

A post shared by Israel Folau (@izzyfolau) on

Folau kan weer appel aanteken en weer deur ‘n nuwe paneel verhoor word, of hy kan sy saak voor Australië se hooggeregshof gaan bepleit.

Folau sê in ’n verklaring dat hy “baie hartseer” is oor Rugby Australië se finale besluit. Hy hou egter vol dat dit sy plig as Christen is om God se Woord te verkondig.

Sy sportkontrak ter waarde van 4 miljoen is verbreek. Hy het nog nie bevestig watter stappe hy gaan neem nie. “Ek wil doen wat die beste is vir my gesin, spanmaats en ondersteuners. Ek ondersoek dus alle moontlike stappe. Ek bedank my ondersteuners en verskeie vooraanstaande sportlui vir hulle steun en bemoediging. Die uitwerking van hierdie stelling op die sportwêreld en Australiese sport in die besonder, is potensieel baie groot,” het Israel Folau gesê.

“As Australiërs het ons sekere regte, insluitend die reg op godsdiensvryheid en die reg tot vryheid van spraak. Die Christelike geloof was nog altyd deel van my lewe en ek glo dit is my plig as Christen om God se Woord te verkondig.”

Voormalige afrigter, Alan Jones het ook vir Folau opgekom. “Die Australiese publiek sal dit nie aanvaar nie,” het hy gesê en bygevoeg dat die skokkende besluit “’n mens laat wonder watter soort samelewing ons in lewe. As ons nie vry is om ons godsdienstige oortuigings te verwoord of uit die Bybel mag aanhaal nie . . . as dit is waar ons nou in die land is, het ons ’n donker plek bereik en is ons almal in gevaar.”


Bron: cip.nl en faithwire.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.