-deur Mikaela Mathews | ChristianHeadlines.com

Foto: Getty Images / Chris McGrath

Bron: christianheadlines.com

10 September 2019

Volgens AP News het die regering van Hongkong die uitleweringswetsontwerp, wat tot gewelddadige betogings in die land gelei het, amptelik onttrek.

Carrie Lam, die uitvoerende hoof van Hongkong, het gesê: “Die regering sal die wetsontwerp amptelik terugtrek in reaksie op die openbare teenkanting. Ons belangrikste prioriteit is nou om die geweld te beëindig, die oppergesag van die reg te beskerm en om orde en veiligheid in die samelewing te herstel.”

Volgens die BBC sou die wetsontwerp enige land – insluitend die vasteland van China – toelaat om Hongkong te versoek dat iemand uitgelewer moet word. Die omstredenheid het gevolg ​​omdat baie mense glo hulle sal “blootgestel word aan China se uiters gebrekkige regstelsel” en dat dit sou lei tot verdere ondergrawing van Hongkong se geregtelike onafhanklikheid.

Hoewel die wetsontwerp amptelik teruggetrek is, is die betogers steeds nie tevrede nie.

Pro-demokrasie-wetgewer, Claudia Mo, verklaar dat daar nie aan al die eise van die betogers voldoen is nie. “[Lam] het die afgelope drie maande vas geslaap, dit is net absurd,” het sy gesê. “Die wonde bloei steeds en sy dink dat sy ’n tuinslang kan gebruik om die ‘vuurtjie’ te blus. Dit is nie aanvaarbaar nie.”

Lam glo egter dat die betogings ’n bedreiging vir Hongkong se beleid van “een land, twee stelsels” is, wat Hongkong in ’n “baie kwesbare en gevaarlike situasie” met China plaas.

Joshua Wong, ’n aktivis wat veg vir demokrasie, meen die betogings is slegs die begin van ’n stryd vir regverdigheid.

“Ek hoop die mense in China kan insien ​​dat demokrasie, vryheid en menseregte universele waardes is waarvoor Hongkong se mense veg,” het hy in Taipei, Taiwan, aan joernaliste gesê. “Ons sal aanhou veg daarvoor. Ek hoop dat Hongkong en selfs China eendag ’n plek sal wees waar mense demokrasie en vryheid kan geniet.”


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.