14 Mei 2019

Danksy die ondersteuning van die Hongaarse regering word meer as 40 kerke in Libanon herbou, berig Kerknet. Die land is daartoe verbind om Christen-minderhede in die Midde-Ooste by te staan.

Danksy die finansiële ondersteuning kan 33 historiese kerke herbou word. Die kerke is almal honderde jare oud. Vroeër is daar reeds 14 kerke herbou. In totaal wag nog ongeveer 1 000 kerke om herstel op herbou te word.

Die Libanese minister van buitelandse sake, Gebran Bassil, het daarop gewys dat Hongarye op hierdie manier ook bydra tot harmonieuse verhoudings tussen Christene en Moslems.

Foto: Die Hongaarse premier, Viktor Orbán


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.