Dit was laat in 2015 in Ghana. CfaN se Wes-Afrikaanse span was op soek na ’n stuk grond. Ons het twee volle voorbereidingspanne in twee stede, Ashaiman en Tema, gehad. Mense in al twee stede lewe in uiterste armoede.John Darku

Ons het inderdaad ’n baie groot stuk grond nodig gehad, iets wat honderde duisende mense kon akkommodeer, gegewe die enorme aandag wat die geleentheid getrek het. Maar namate dae weke geword het, kon daar steeds geen geskikte plek gevind word nie. “Here,” het ons gebid, “stel asseblief die regte stuk grond aan ons beskikbaar vir U werk.”

Uiteindelik het John Darku, ons Wes-Afrikaanse veldtogdirekteur, ’n moontlike oplossing gekry – een van daardie goeie-nuus-slegte-nuus-situasies. Die goeie nuus was dat hy ’n groot stuk grond op die perfekte plek gevind het, halfpad tussen die twee dorpe. Die slegte nuus was dat die stuk grond toe letterlik ’n vullishoop was. Dit was ook berug as een van die gevaarlikste plekke in die hele Ghana – so gevaarlik dat die polisie en weermag geweier het om daarheen te gaan.

Kan die Here hierdie plek gebruik?
Ons span het gaan kyk. Die reuk van brandende rubber het swaar in die lug gehang. Rook van brandende afval het hulle neus en oë gebrand. Daar was orals berge vullis en brandarm mense het oor die stinkende heuwels geklouter, op soek na enigiets bruikbaar. Aan die een kant van die veld was ’n sloot met vloeiende rou riool. Dit is moeilik om jou ’n meer wanhopige plek voor te stel. Hoe op aarde kon ons hierdie aaklige plek veilig en bruikbaar maak vir ons Evangelie-veldtog? Die hindernisse was letterlik hoog voor ons opgestapel.

Maar die bevolkingsdigtheid in hierdie gebied was hoog, met hutte styf teen mekaar gebou in elke rigting. Daar was eenvoudig geen ander oop stuk grond wat groot genoeg was nie. Die las van die besluit het op ons tegniese span gerus wat hierdie reus sou moes trotseer. Hulle het nie gehuiwer nie. Hierdie vreeslose manne van God het gesê: “Ons sal ’n manier kry om dit te doen.”

God baan ’n weg waar dit lyk asof daar geen weg is nie
Hoe baan God ’n weg? Meestal doen Hy dit deur ons hande, ons voete, ons stemme te gebruik. Groot stootskrapers is gehuur en hulle het die grond begin skoonmaak. Hope vullis is verwyder. Wavragte saagsels is aangery om die moerasagtige gebiede uit te droog. Die span het ook ’n houtbrug gebou sodat mense die besoedelde stroom veilig kon oorsteek.
Nog nooit tevore moes ons span so hard werk om vir ’n veldtog voor te berei nie. Met die laaste hope rommel wat verwyder is en die verhoog opgerig, het ons gevoel ons het werklik “die beloofde land in besit geneem”! Terwyl ons oor hierdie skoon, oop veld rondgekyk het, gereed en in afwagting vir die veldtog om te begin, het ons geweet ons het reeds die eerste wonderwerk van die veldtog gesien.

Jy maai wat jy saai
Ná al daardie moeite, sou die mense opdaag? Sou hulle dit waag om na hierdie plek te kom wat so berug vir bendes en misdaad is? Ons het die grond voorberei, maar net God kan die oes inbring. En toe begin die tweede wonderwerk. Op die heel eerste aand het 90 000 mense ingestroom. Ons het wonderlike genesings gesien – ’n vrou wie se linkerkant ná ’n beroerte verlam was, is totaal genees. ’n Seuntjie wat verlam en gedeeltelik blind was, het op die verhoog rondgehardloop. Namate die nuus oor die wonderwerke versprei het, het die skare aanhou groei. In totaal het meer as 710 000 mense die veldtogte bygewoon, met 300 000 op een aand. Dit was verstommend.

Net soos ons span hierdie vergete, vuil, skrikwekkende deel van die dorp vernuwe het, het ons ook gesien hoe die opstandingskrag van Jesus mense se lewens voor ons oë radikaal verander het. Oor die vier dae het 381 610 mense gekies om Jesus te begin volg.

Dit is heilige grond
Lank vantevore het ons beplan om ’n aanbiddingsalbum tydens die Ashaiman/Tema-veldtog op te neem en die bekende aanbiddingsleiers, Roy Fields en Hope Darst, te nooi om by ons aan te sluit. Natuurlik het ons destyds geen idee gehad van die uitdagings wat ons in die gesig sou staar nie en wat hierdie plek vir ons sou beteken nie. Kan jy jou die vreugde in ons harte voorstel toe ons die Here begin loof het? In plaas van die rook van vullis wat verbrand word, het die soet wierook van aanbidding opgestyg na die Hemel. In hierdie vergete, uitgeworpe plek het honderde duisende mense hulle hande opgehef en hulle lied tot die Here gesing.

Wat ’n wonderlike transformasie
Wat ’n volmaakte prentjie van die manier waarop God werk! Hy neem dit wat weggegooi en agtergelaat is – die sterwendes, dié wat vuil en onrein is en Hy transformeer dit alles deur die bloed van Jesus. Dit wat gebroke is, word heel. ’n Plek van afgryse word heilige grond.


24 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org