11 Mei 2019

Die hooggeregshof in Pretoria het vanoggend die Alliance Defending the Autonomy of Churches in South Africa (ADACSA) se aansoek van die hand gewys waarin die hof versoek is om duidelikheid te gee oor sy beslissing in die saak, Gaum vs die Algemene Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk. ADACSA wou meer spesifiek duidelikheid hê of die hof se uitspraak, wat die 2016-besluit van die NG Kerk in verband met die status van burgerlike verbintenisse tussen individue van dieselfde geslag as onwettig en ongeldig verklaar het, slegs op grond van die NG Kerk se gebrekkige prosedure gemaak is, of ook weens grondwetlike redes. Die aansoek is deur Gaum en die oorspronklike aansoekers voor die hooggeregshof teengestaan.

Die hof het ADACSA se aansoek van die hand gewys op grond daarvan dat die alliansie as ’n “vriend van die hof” in die oorspronklike verrigtinge opgetree het, eerder as ’n party in die saak, en dus nie volgens die reg die versoek aan die hof kan rig nie. Die hof beskou die saak as afgehandel en het nie duidelikheid gegee oor sy oorspronklike beslissing nie. Volgens mnr. Michael Swain, die uitvoerende direkteur van Freedom of Religion South Africa (FOR SA), het een van die regters gesê “daar is geen ‘dubbelsinnigheid’ nie, ’n mens kan tussen die lyne lees dat die hof se standpunt is dat sy beslissing ook gebaseer is op grondwetlike redes.”

ADACSA het aangedui dat hy nie nou appèl sou aanteken nie. Volgens Michael Swain, “beteken dit nie noodwendig dat ADACSA nie sal appelleer nie. Die hooggeregshof se betrokkenheid by wat eintlik ’n kwessie van doktrine is – naamlik of die Kerk gedwing kan word om homoseksuele mense toe te laat om as leiers in die kerk op te tree, en om gay verbintenisse in die kerk te bevestig – bly ’n bron van ernstige kommer en skep ’n gevaarlike presedent.”

*FOR SA is een van die organisasies in ADACSA wat die outonomie van kerke en godsdiensgroeperinge verdedig en beskerm en verseker dat hulle hul eie leerstelling kan bepaal en hul interne sake self te bestuur. FOR SA se regsadviseur, adv. Nadene Badenhorst, het in die oorspronklike verrigtinge in die hooggeregshof saam met adv. Reg Willis as mede-advokaat vir ADACSA verskyn.


Artikel verskaf

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.