Deur: Val Waldeck

Baie van ons lesers vra vir inligting oor hoe om ’n boek in Suid-Afrika te publiseer. JUIG! het vandeesmaand besluit om die antwoord op hierdie vraag te beantwoord. Ons wens jou alle sterkte toe met jou begeerte om jou boek te publiseer en jou verhaal en kundigheid met ander te deel.

Die belangrikste stappe:
Die eerste stap is om seker te maak dat jou boek behoorlik nagevors, goed geskryf en professioneel geredigeer is. Jy benodig ook ’n
professionele omslag met ’n opvallende titel. Omslae verkoop boeke! Die publikasie en bemarking van jou boek moet noukeurig oorweeg word. Baie van julle het seker al ontdek dat daar in Suid-Afrika ’n beperkte mark vir boeke is. Baie min boekwinkels (indien enige) sal plaaslike skrywers se boeke op die rakke hê. Die grootste boekhandelaar in Suid-Afrika werk slegs saam met ongeveer agt internasionale groothandelaars. Jou kanse om ’n boekwinkel te vind wat bereid sal wees om jou boek te verkoop, is bykans nul. Tensy jy reeds ’n groot aanhang het, is dit onwaarskynlik dat jy baie van jou boeke sal verkoop.

Daar is basies vyf maniere om gepubliseer te word:

  1. Vind ’n uitgewersmaaskappy: As jy suksesvol is, sal jy ’n klein tantieme van ongeveer 10% ontvang en die maatskappy sal die aanvanklike bemarking behartig. As jou boek ná ongeveer drie maande nie verkoop nie, sal dit van die boekwinkelrakke verwyder word. As jy in ag neem dat die gemiddelde uitgewersmaatskappy meer as 20 000 manuskripte per dag ontvang, kan jy verstaan hoe skraal jou kanse is dat jou boek aanvaar sal word.
  2. Gebruik ’n uitgewersagent om jou aan ’n uitgewer voor te stel. Dit het egter soortgelyke uitdagings en kos ’n redelike hoeveelheid geld.
  3. Gebruik ’n skynuitgewer (vanity publisher): Jy moet die maatskappye betaal om jou boek voor te berei en uit te gee. Hierdie roete is duur. Jy doen uiteindelik die grootste deel van die bemarking vir ’n baie klein finansiële opbrengste.
  4. Publiseer jou boek deur ’n plaaslike drukkery: Dit beteken dat jy jou boek self moet saamstel en uitlê, seker maak dat die omslag en rugkant pas en die bemarking behartig. www.printondemand.co.za is ’n uitstekende druk-op-aanvraag-fasiliteit en stel jou in staat om jou PDF aanlyn op te laai wanneer dit gereed is om gedruk te word. Hul koste is baie mededingend as jy slegs ’n paar boeke wil laat druk. Jy kan selfs 50 op ’n slag laat druk om eers die mark te toets.
  5. Gee jou boek self uit: Dit is verreweg die beste keuse. Daar is in die verlede met minagtend op selfpublikasies neergesien, maar die tegnologie het soveel verbeter, dat daar baie gepubliseerde skrywers is wat nie meer die tradisionele uitgewers gebruik nie.

Die voordeel om jou boek self uit te gee:
Jy het beter beheer oor die proses: beheer oor die omslagontwerp, inhoud en die prys van die boek. Jy behou ook die grootste deel van jou tantieme. Om jou boek so uit te gee is vinnig en vry en aanlyn-boekwinkels help met die bemarking, verkope en verspreiding van jou boek. Hulle betaal jou tantieme in die bankrekening van jou keuse. Jy doen natuurlik weer eens die meeste van die bemarking, maar hulle help soveel as moontlik. Wanneer jy geld maak, maak hulle geld. Jy kan jou boek te eniger tyd opdateer deur bloot ’n nuwe dokument op te laai.

Hoe om self ’n boek uit te gee
Amazon is die grootste boekverkoper ter wêreld. Hulle bied gratis publikasie van Kindle- en slapbandboeke op hul KDP-platform aan. Verspreiding en verkope word deur hulle hanteer. Tantieme wissel van 35% tot 70%. Die enigste nadeel is dat jy die boeke self moet saamstel, maar hulle het riglyne op hul webtuiste om jou te help. Aanlyn of digitale uitgewers soos Smashwords en Draft2Digital berei jou Word-dokument sonder enige kostes en versprei dit wêreldwyd aan aanlynboekhandelaars. Smashwords publiseer egter nie vir Amazon nie. My persoonlike aanbeveling is Draft2Digital. Jy sal hulle by draft2digital.com vind. Jou Word-dokument word gratis gelaai. Die maatskappy berei jou boek voor vir Amazon Kindle, epub en verskillende e-boek-formate. Hulle voorsien jou van ’n PDF vir jou slapbandboek wat gereed is om na die drukkers te gaan en versprei alle ander boeke onder aanlynboekwinkels (insluitend Amazon). Alles word hanteer vir ongeveer 10-15% van jou tantieme. Hulle beplan om binnekort slapbandboeke te aanvaar. Besoek hierdie ondernemings en kyk na dit wat hulle aanbied. Dit is tyd om jou boek te publiseer!

Val Waldeck is ’n outeur, Kindle-uitgewerskonsultant en ’n Bybelleraar. Vir hulp met die skryf en bemarking van jou boek, besoek www.valwaldeck.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

11 Julie 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.