Deur: Pastoor Ron Kinnear

Die kerk in Europa kwyn. Die meerderheid lidmate is bejaard. Een vir een sterf hulle en word gewoonlik nie deur nuwe lidmate vervang nie. Dié wat oorbly, dra ’n al hoe groter las om die lopende uitgawes van die kerk te dek. Daar word voorspel dat die meeste kerkeiendomme teen 2031 aan die staat sal behoort omdat die gemeentes uitsterf. Die rede hiervoor is dat die kerk die jeug nie bereik nie. Die algemene reaksie van die jonger geslag in Engeland is dat hulle nie die “kerkding” doen nie.
’n Paar vrae wat op ons van toepassing is in Suid-Afrika:
• Hoe gewild is die idee van kerk onder ons jeug? D.w.s. die jonges wat hulle ouers Sondae na die kerk vergesel asook dié wat selde of ooit die binnekant van ’n kerkgebou sien.
• Hoe kan die ongekerkte jeug bereik word?
• Waar moet aanpassing gemaak word om dit meer aantreklik vir die jeug te maak en hoe kan ons hierdie menings toets?
Africa Missions begin in Maart vanjaar ’n opleidingsprogram vir die jeug. Ons wil jongmense deur jongmense bereik. Kom ons begin ’n gesprek hieroor. Bydraes van die jonger geslag is baie welkom. As ons die jeug wil bereik, sal daar aanpassings gemaak moet word. Kontak ons gerus met bydraes of voorstelle:

Pieter van Wyk by thabo@africamissionsorg.za of vir my by africams@mweb.co.za

PASTOOR RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling, stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za


27 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.