Bron: rd.nl

“Die Europese Parlement sal ’n versnelde prosedure toepas vir die sertifikaat wat hierdie somer vrylike reis in die Europese Unie (EU) sal toelaat,” lui ’n berig van die Reformatorisch Dagblad. Die parlement het ten gunste van die dringende prosedure gestem met 468 stemme, 203 daarteen en 16 onthoudings.

Volgens die berig het die Europese Kommissie verlede week ’n voorstel aan die 27 EU-lande gemaak vir ’n korona-sertifikaat – digitaal of op papier – en om dit van ’n QR-kode te voorsien. Die sertifikaat – ook bekend as ’n inentingspaspoort of korona-pas – bewys dat die draer teen Covid-19 ingeënt is, onlangs negatief getoets is of voldoende teenliggaampies in sy of haar liggaam het.

Volgens die EU-parlement sal so ’n inentingspaspoort “’n belangrike stap” wees om weer “vrylik in Europa te kan reis”.

Daar was egter lede wat hulle kommer uitgespreek het oor die haas waarmee die plan aanvaar en uitgevoer word. Hulle het hulle bedenkinge oor wat die gevolge sal wees vir mense wat hulle weens gewetensbesware nie wil laat inent nie.

Volgens die berig is slegs 4,1% van die EU-bevolking reeds twee keer ingeënt soos voorgeskryf.


29 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.