Deur: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bron: biblesociety.co.za

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het verskeie projekte. Een van hierdie projekte is om gratis Bybels aan gevangenes beskikbaar te stel. Dit word gedoen deur die departement korrektiewe dienste se direktoraat geestelike sorg en ander goedgekeurde organisasies wat toegang tot die gevangenes het.

Agtergrond

  • Daar is ongeveer 233 gevangenisse in Suid-Afrika waar ongeveer 154 450 gevangenes gehuisves word. Hierdie gevangenisse is heel dikwels plekke sonder hoop.
  • Probleme is aan die orde van die dag:
    – Oorbevolking veroorsaak ernstige krisisse in die gevangenisse, daar is slegs 120 567 beddens beskikbaar.
    – Aansteeklike siektes kom algemeen voor, onder andere MIV/vigs.
    – Skendings van menseregte kom ook voor, byvoorbeeld geweld deur en teen gevangenes.
  • Die Bybel bring hoop en daarom bewillig die Bybelgenootskap jaarliks ‘n bedrag vir gratis Bybels vir gevangenes.
  • Die Direktoraat Geestelike Sorg van die Departement Korrektiewe Dienste beheer die verspreiding van hierdie Bybels wat die eiendom van die gevangene word
  • ‘n Deel van die Bybelgenootskap se skenking sal vanjaar aan organisasies soos Kairos Prison Ministries en World Hope Ministries beskikbaar gestel word. Bybels word aan gevangenes oorhandig met die voltooiing van kursusse wat deur hierdie organisasies aangebied word.
  • In 2020 het 4 888 gevangenes danksy hierdie projek ‘n eie Bybel ontvang.

Verwagte impak

  • Die Bybel bring troos en hoop aan mense wat van hulle vryheid ontneem is.
  • Die Bybel kan ‘n bydrae lewer in die rehabilitasieproses en gevangenes aanmoedig om na die uitdien van hulle vonnisse, ‘n misdaadvrye bestaan te voer.

Hoe kan jy help?

Elke R100 wat ontvang word, sal help om Bybels aan gevangenes beskikbaar te stel.

Maak ‘n verskil. Word ‘n saaier van hoop.

Klik op hierdie skakel om aan die projek deel te neem: www.biblesociety.co.za


2 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.