Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Op Maandag 1 Augustus het die skip Razoni, onder die vlag van Sierra Leone met ’n vrag graan uit die hawe van Odessa na Libanon vertrek.

Die skip is een van sestien wat gelaai en gereed is om uit die Oekraïne te vertrek met die hoop om ’n wêreldwye voedselkrisis te verlig, wat as gevolg van die oorlog ontstaan het. Die ooreenkoms wat deur Turkye en die Verenigde Nasies (VN) bemiddel is, word met versigtige optimisme bejeën.

Beide Turkye en die VN het die hoop uitgespreek dat hierdie ooreenkoms die weg kan baan vir toekomstige vredesonderhandelinge. Hierdie is die eerste teken in die vyf maande sedert die oorlog begin het dat enige eenstemmigheid tussen Rusland en die Oekraïne suksesvol bewerkstellig kon word. Die ooreenkoms om skepe met landbouprodukte toe te laat om Odessa te verlaat, word erg belemmer deur politieke kwessies.

n Dag nadat die ooreenkoms onderteken is, het Rusland vuurpyle op Odessa afgevuur wat infrastruktuur beskadig het. Die ooreenkoms het egter bly staan en Oekraïne het voortgegaan om die graan Maandag te verskeep. Terwyl hierdie vrag graan wel hoop bring, is die realiteit van ’n immer veranderende oorlog steeds aanwesig. Rusland en die Oekraïne blameer mekaar vir die dood van dosyne Oekraïnse krygsgevangenes by ’n detensiesentrum in die Russiesbeheerde gebied. Die Internasionale Komitee van die Rooikruis (IKRK) het toegang tot die krygsgevangenes probeer kry, wat volgens hulle is die versoek nie toegestaan nie.

Moskou het verklaar dat die IKRK genooi is om na die krygsgevangenes om te sien ooreenkomstig die Geneefse Konvensie. Rusland het dit ook tydens sy Vlootdagvierings duidelik gemaak dat hy beoog om ’n supermoondheid ter see te word.

President Vladimir Poetin het ’n manifes van 55 bladsye onderteken wat ten doel het om Rusland se invloed as ’n “sterk maritieme mag” oor die hele wêreld uit te brei. In dieselfde toespraak het pres. Poetin gespog met missieltegnologie wat missiele in staat stel om ’n spoed nege maal vinniger as die spoed van klank te bereik.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Hoewel die oorlog in die Oekraïne steeds voortduur, is daar ’n sprankie van hoop dat vredesonderhandelings deur ’n derde party dalk moontlik is. In Matteus 5:9 sê Jesus: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”. Om ’n vredemaker te wees, is egter nie ’n passiewe gebaar nie, maar eerder ’n doelbewuste poging om vrede te bewerkstellig deur daaraan te werk om mure tussen mense af te breek. ’n Vredemaker is iemand wat sal werk om kwessies aan die lig te bring wat onenigheid en verdeeldheid veroorsaak.

In die huidige seisoen moet ons bid vir die Kerk in die Oekraïne en Rusland waar gepoog word om eenheid onder mense in beide lande te bring. Beide die Russies Ortodokse Kerk en die Oekraïnse Ortodokse Kerk het president Poetin gevra om die oorlog in die Oekraïne te beëindig. ’n Brief wat in Mei deur Russies Ortodokse kerklui geskryf is, praat van die “kloof wat ons kinders en kleinkinders sal moet oorbrug ten einde mekaar weer te kan liefhê en respekteer”. Die brief is onderteken deur 293 kerklui wat hulself die Russiese Priesters vir Vrede noem en spreek die begeerte vir vrede deur hoofstroomkerke in beide lande uit.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat die Here sal voortgaan om wêreldleiers op te rig om as vredemakers tussen Rusland en Oekraïne op te tree, en vir geloofsleiers om vrede, eenheid en vergifnis op alle vlakke aan te moedig;

  • dat Christene getrou sal bly ondanks die moeilike omstandighede; en

  • dat elke kerk ’n baken van lig sal wees in die gebiede wat deur oorlog geraak word.


4 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org