-deur Jeff Maples

9 Augustus 2019

‘Die Gospel Coalition het mense in diens wat deur linkse biljoenêrs soos George Soros, James Riady en Zack Exley befonds word.’

In die nadraai van Joshua Harris – die Purity Culture-pastoor wat van sy vrou geskei, sy Christenskap verwerp en homoseksualiteit omhels het – se afvalligheid, wonder baie mense wat skeefgeloop het. Sy afvalligheid volg bloot op ’n rits van ander Gospel Coalition-medewerkers wat van hul geloof afvallig geword het.

Van Tullian Tjividjian en Mark Driscoll tot James MacDonald en C.J. Mahaney, het baie van hulle uiteindelik hul ware kleure gewys en dat hulle betrokke was in swendelary, seksuele misbruik of dat hulle kerkpersoneel afgeknou het.

Kevin DeYoung, die senior pastoor van Christ Covenant Church in North Carolina en voorsitter van die The Gospel Coalition, bespiegel dat die afvalligheid die resultaat is daarvan dat die organisasie “begaafde manne” te gou verhef. DeYoung skryf:

What is worth exploring in this instance [Harris’ apostasy]—and, we can tell you, has already for years generated a great deal of soul searching—is why a number of young men who were at one time closely associated with The Gospel Coalition have been forced to leave the ministry. Our primary takeaway is that in years past our tribe was too quick to elevate gifted men who may not have had enough time to prove themselves faithful for the long haul. But even here, we would note that the public crises always get more attention than scores of young men who have quietly continued to serve the Lord with growing maturity.

Ek vermoed egter die probleem lê baie dieper.

Die probleem is nie dat “begaafde manne” te gou verhef word nie. Die probleem is dat manne verhef word wat ’n primêre saak het wat by aanklank vind by die tema en boodskap van The Gospel Coalition.

Die ware probleem is dat die Gospel Coalition nie werklik oor die Evangelie gaan nie – dit gaan oor ander dinge, soos maatskaplike regte, gelykheid, LGBTQ-aktivisme, oop grense en onwettige immigrasie, teologiese liberalisme, selfbevordering, ens. Die Gospel Coalition bevorder hierdie doelwitte onder die dekmantel van Christelike taal en plak bloot “Evangelie-gesentreerd” daarop. Die organisasie bring enigiemand aan boord wat bereid is om hulle saak te bevorder – of wat kan dien as ’n “Evangeliedekmantel” terwyl die Gospel Coalition sy eie saak bevorder.

Die probleem is nie dat net ’n paar manne amptelik “gediskwalifiseer” is nie […] Die Gospel Coalition het steeds ’n groot aantal LGBTQ-aktiviste en aktiviste vir maatskaplike regte en gelykheid onder sy geledere.

Die Gospel Coalition het mense in diens wat deur linkse biljoenêrs soos George Soros, James Riady en Zack Exley befonds word.

Die probleem is dat die Gospel Coalition nie deur die Evangelie, die Skrif of selfs basiese Christelike beginsels gelei word nie. Dit word gelei deur ’n linkse agenda met die primêre doel om die Evangeliese Kerk, polities en teologies na links te verskuif.

Mark Driscoll was nie die probleem nie. Tullian Tjividjian was nie die probleem nie. C. J. Mahaney was nie die probleem nie. James MacDonald was nie die probleem nie. En nee, Joshua Harris is nie die probleem nie. Al hierdie mans is slegs simptome van die probleem. Die probleem is dat die Gospel Coalition – en die (paar) goeie manne wat nog oorbly – voortgaan om ’n platformaan die linkses te verskaf deur mans soos Harris te gebruik om hul agenda te verbloem en die linkses binne die organisasie toe te laat om hul agenda onbelemmerd te bevorder.


Bron: reformationcharlotte.org

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.