-deur Will Maule

9 Julie 2019

Goedkeuring vir pres. Donald Trump is die hoogste sedert hy president geword het. ’n Meningspeiling van ABC News / Washington Post het aangedui dat sowat 44% Amerikaners nou pres. Trump se algehele prestasie goedkeur – dit is ’n toename van vyf persentasiepunte sedert ’n vorige meningspeiling wat in April gedoen is.

Dit is duidelik dat pres. Trump openbare steun werf vir sy vordering op een spesifieke gebied – die ekonomie. Sowat 55% van die respondente het sy besluitneming betreffende die ekonomie goedgekeur. Dit is egter geen verrassing dat die goedkeuring skerp afneem betreffende kwessies soos klimaatsverandering en belasting nie.

Pres. Trump se openbare beeld bly ook steeds laag, met 65% Amerikaners wat voel dat hy “onvanpas vir ’n president” optree. Net 28% het bevestig dat sy optrede “gepas” is vir ’n Amerikaanse president.

Terwyl die linkses herhaaldelik gevra het dat ’n mosie van wantroue teen die president ingestel moet word, is daar ’n toenemende persentasie mense wat niks daarvan wil hoor nie. Die persentasie mense wat glo dat ’n mosie van wantroue onnodig is, het met ’n massiewe 13 punte gestyg, tot ’n hoogtepunt van 59%.

Is pres. Trump in die moeilikheid vir 2020?

Hoewel die algehele goedkeuringpersentasies vir pres. Trump uiters laag was, het hy die vermoë om die teen alle verwagtinge in die meningsopnames omver te gooi. Tans loop die voorlopige demokratiese kandidaat, Joe Biden, met 14 punte voor, maar die gaping word vinnig al hoe kleiner as daar die res van die ander Demokratiese kandidate in ag geneem word.

In reaksie op die uitdagings wat pres. Trump in herverkiesing in die gesig staar, het sy veldtog aan ABC News gesê die president is in ’n sterker posisie om ’n tweede ampstermyn in die Wit Huis deur te bring as wat baie voormalige leiers van die vrye wêreld – insluitende Barack Obama en Ronald Reagan – was.

Die Washington-Post ABC News-meningspeiling is tussen 28 Junie en 1 Julie gedoen en het ’n nasionale bevolking van 1 008 volwassenes gebruik.

Foto: Win McNamee / Getty Images


Bron: christianheadlines.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.