Deur: Daniela Ellerbeck, FOR SA se regsadviseur

Die 24ste September is Erfenisdag, ’n dag waarop Suid-Afrikaners die diversiteit en rykdom van hulle kulture en tradisies as die “Reënboognasie” vier.

Die Grondwet – ’n samebindende faktor
Te midde van al ons diversiteit is daar een ding wat ons verenig, die Suid-Afrikaanse Grondwet – die grondliggende wet van ons samelewing. Dit is iets wat ons almal deel en in gemeen het – een oorkoepelende wet wat ons hele regstelsel onderstut en ondersteun.

Grondliggende waardes
Die Grondwet is miskien veral bekend vir die Handves van Regte wat daarby ingesluit is; dit vervat al die menseregte in ons wet. Dit sluit die einste reg in wat Freedom of Religion South Africa (FOR SA) toewyd bevorder en beskerm (artikel 15) – die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening (daar word algemeen daarna verwys as die “reg op godsdiensvryheid”). Benewens die Handves van Regte, bevat die Grondwet ook die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse samelewing. Artikel 1 van die Grondwet sê dat Suid-Afrika gegrond is op die waardes van “menswaardigheid, die bereiking van gelykheid, en die uitbou van menseregte en vryheid”. Die Handves van Regte begin deur te sê dat “menswaardigheid, gelykheid en vryheid” demokratiese waardes is (artikel 7(1)). Later word die Grondwet se doelwit gestel as die daarstelling van ’n “oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid” (artikel 39).

Godsdiensvryheid en die grondliggende waardes
Ons reg op godsdiensvryheid is een van die belangrikste vryhede wat ons onder ons Grondwet geniet – die vryheid om te kies wat ons glo, die vryheid om ons oortuigings openlik met ander te deel en die vryheid om in die openbaar uiting te gee aan ons godsdiensoortuigings deur aanbidding en praktyk. Dit is nie verbasend dat die reg op godsdiensvryheid ten nouste aan menswaardigheid gekoppel is nie. Ons hoogste hof, die Konstitusionele Hof, het gesê dat godsdiensvryheid “een van die sleutelbestanddele van enigeen se waardigheid is”. Net so is dit betekenisvol dat “godsdiens”, “gewete” en “oortuiging” ook in artikel 9 as “gelykheidsregte” ingesluit word. Ons Grondwet noem dit spesifiek as gronde waarop die staat of ’n persoon nie (onbillik) teen iemand mag diskrimineer nie.

Ter samevatting
Godsdiensvryheid is dus nou gekoppel aan al drie grondliggende waardes van ons Grondwet. Dit is integraal tot die instelling van demokrasie, met die Konstitusionele Hof wat sê dat dit “een van die kenmerke van ’n vrye samelewing” is. Laat ons op Erfenisdag ook vier dat godsdiensvryheid in Suid-Afrika beskerm word en dat vryheid, waardigheid en gelykheid deel is van ons unieke erfenis.

Bly op hoogte van die stryd vir geloof en vryheid deur in te teken op FOR SA se nuusbrief; maak gerus ’n finansiële bydrae om geloofsvryheid te bevorder.


24 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org