Bron: Video van Senekal Matwabeng Community Forum

Weer eens lyk dit of ons op die randjie van burgeroorlog staan en weer eens kom daar te midde van die beelde van verwoesting en anargie ook video’s en getuienisse van vrede, broederskap en God se liefde.

Een van die talle video’s wat Christene aanspoor om saam te staan en te bid vir ons land, is die een van pastoor John Mathuhle wat deel is van die Senekal Matwabeng Community Forum (SMCF).

In die video herinner pastoor Mathuhle ons wat nie te lank gelede nie in Senekal gebeur het toe haat en rassisme aangeblaas is ná die moord op die jong boer, Brendin Horner. Almal het asem opgehou en gehoop dat die kruitvat nie ontplof nie.

Dit was toe dat pastoor Mathuhle verklaar het: “Civil war will not start in Senekal,” Hy het ’n gebedsbyeenkoms op die dorp gereël en die voorspelde bloedbad is afgeweer. In plaas daarvan het die mense van die dorp hande gevat en die Senekal Matwabeng Community Forum (SMCF) gestig om die dorp te herbou. Klik hier om die artikel daaroor te lees joydigitalmag.com 

Nou roep pastoor Mathuhle Suid-Afrika weer op om sy hoop in God te plaas. “Nie so lank gelede nie, het die gemeenskap van Senegal Matwabeng voor ‘n krisis te staan ​​gekom wat maklik in ’n burgeroorlog kon ontaard, maar ons wonderwerk het gekom toe ons as gemeenskap byeengekiom het om te bid, maar ook om ons gemeenskap te bou en te verdedig,” sê hy in die video.

“Ons het gekies om te bou om nie te vernietig nie en vandag is ons saam met derduisende Suid-Afrikaners hartseer oor die situasie in ons land.” Hy doen ‘n beroep op burgerlike organisasies, kerke, besighede, bekendes en beroemdes en elkleen wat lief is vir hulle gemeenskap om saam te staan en hulle gemeenskappe te herbou soos Senekal vir ons bewys het moontlik is.

“As ons dit in Senegal gedoen het, kan dit oral gedoen word … ons moedig julle aan om aan te hou bid vir vrede in ons in nasie. God seën Suid-Afrika!”


17 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.