Deur: FEBA
Bron: febaradio.co.za

’n Blitsige Afrika-Sendingervaring
Verlede maand is ons span op ’n blitstoer deur Mosambiek en Malawi om luisteraars te besoek, hul stories te dokumenteer en te sien wat ons Afrika-spanne onder die minste bereikte groepe in dié lande verrig. Ons nasionale direkteur, dr. Jurie Vermeulen, is vergesel deur ons skrywer, Gerda Potgieter; pastoor Geo de Kock en kameraman Kaunda.

Malawi
Hulle eerste bestemming was Blantyre, Malawi, waar Litala FM geleë is. Blantyre staan bekend as die industriële hoofstad van Malawi, terwyl Lilongwe beskou word as die wetgewende hoofstad. Die meeste Malawiërs leef in uiterse armoede en hulle grootste uitdaging is ’n gebrek aan kos en ’n bestendige inkomste. Die deurlopende devaluasie van hul geldeenheid oor die afgelope paar maande het dinge nog verder vererger.

Ons span het verskeie luisteraarsklubs in afgeleë gebiede besoek. Die paaie na dié gemeenskappe is in ’n slegte toestand en word verder beskadig deur reënstorms. Sommige dorpe kan slegs per 4×4 bereik word en dan neem dit soms die hele dag om daar uit te kom. Ons span in Malawi ry hierdie paaie gereeld om nuwe bekeerlinge te besoek en sodoende te bemoedig, ondersteun en vir hulle te bid.

’n Groot deel van FEBA Malawi se bediening word gewy aan opvolgbediening en dit is een van die redes waarom hulle luisteraarklubs aanhou floreer en groei. FEBA Malawi se direkteur, eerw. Amos Phiri, reis gedurig op dié slegte paaie, selfs in gure weer, om luisteraars te bereik.

Balaka is een van die eerste dorpies wat deur ons Suid-Afrikaanse span besoek is. Die dorp spog met agt luisteraarsklubs wat almal vinnig groei. Een van die klubs is in die Sawali-gebied. Die klub het in 2010 begin met gebedsbyeenkomste en in 2011 het hulle ’n kerk geplant. Pastoor Andrew Patrick Munama en sy vrou, Cecilia, is verantwoordelik vir die klein gemeente.

Vier kerke het al vanuit Balaka se luisteraarsklubs ontstaan en agt Christen-sentrums is gevestig. Ons span het die voorreg gehad om ’n diens by te woon in een van die baksteen kerkies. Die pastoor se vrou besoek elke Dinsdag die gemeente se vroue en bejaardes om hulle aan te moedig in hul geestelike en sosiale groei. Sy lei ook die vrouekoor. Die gemeente hou elke Sondag ’n diens en pastoor Andrew stap gereeld tussen 15 en 20 km ver om sy gemeentelede te besoek.

Gerda, wat die diens ook bygewoon het, het beleef hoe ’n klomp mense hulle harte vir die Here gee. “Ons het gesien hoe 16 nuwe bekeerlinge – mans, vrouens en kinders – gedoop word; ons moes ’n lang ent stap na die naaste dam.”

Die span het ook die Ntcheu-gemeenskap besoek wat deur ’n vrou gelei word. Daar is drie luisteraarklubs in die omgewing. Die leier het dr. Jurie gevra om ’n kort boodskap te lewer en vir die klein gemeenskap te bid. ’n Groep kinders het dinge van ’n afstand dopgehou en gevra dat die span vir hulle ook bid. Nog ’n noemenswaardige deel van die besoek was toe die span langs die pad moes stop om ’n groepie nuwe bekeerlinge te ontmoet. Moses, Nicolas, Lasiyatu en Martha, van die dorpie Irushi, het die span ingewag langs die pad naby Chiponde Chionde. Hulle wou dr. Jurie persoonlik ontmoet sodat hy vir hulle kon bid. Hulle kon die span egter nie by die dorpie innooi nie, aangesien hulle deur ander inwoners vervolg word. Nicolas se huis en al sy besittings is reeds na sy bekering vernietig. Omrede die meeste van die inwoners Moslems is, ervaar Christene strawwe teenstand en in ekstreme gevalle word hulle selfs doodgemaak.

Mosambiek
Op die tweede been van die toer is ons span na Mosambiek. Soos baie ander lande in Afrika, het Mosambiek pragtige natuurskoon en baie natuurlike hulpbronne, met verskillende kulture en ’n tropiese klimaat. Die land se onstuimige verlede maak dit egter onmoontlik vir sy mense om die land se natuurlike voordele te geniet.

Die land het nog nie ’n bestendige en gediversifiseerde ekonomie ontwikkel nie en sowat 70% van die bevolking leef in uiterse armoede. Ongeveer twee derdes van die ± 31 miljoen mense woon en werk in landelike gebiede en die minste bereikte gemeenskappe onder hulle is FEBA se teikengehoor. As ’n mens na ’n kaart van Mosambiek kyk, is dit moeilik om ’n begrip te vorm van die oënskynlik nimmereindigende aantal dorpies wat in elke hoekie en skeurtjie van die land versteek is. Vir ’n buitestander mag dit na chaos lyk, maar dit is hoe die mense lewe en hulle kinders grootmaak.

Ons span het tyd deurgebring by FOT Radio FM in Lichinga, waar hulle die span ontmoet het. Die Mosambiek-span het reeds 1 200 luisteraarklubs in die distrik help vestig. FOT staan vir Fountain of Truth en direkteur Bright Sonjera is in beheer van al ses stasies en vyftig satellietsentrums. Dié radiostasies is nie slegs vir eenrigtingkommunikasie nie; daar is ’n verskeidenheid programme en inbelprogramme wat luisteraars in staat stel om saam met omroepers te werk en die program te beïnvloed.

Die stasie self is toegerus met ’n kantoor en ateljees met mikrofone, rekenaars, en ander toerusting wat nodig is vir die werk. Bright is ’n vasvatter. Hy sê dat hy 24/7 werk omdat hy baie radiostasies het om na om te sien en hy nie een van hulle in die steek wil laat nie.

Radio FOT werk is in noue samewerking met die regering om boodskappe aan die gemeenskappe oor te dra en sodoende die mense te help om die regering beter te verstaan. Te danke hieraan is daar oor tyd ’n sterk band tussen die staat en die radiostasie gesmee. Die gevolg van dié verhouding is twee lappe grond wat deur die regering aan die stasie toegestaan is. Die grond word nou gebruik om mielies en boontjies te verbou as voedsel vir die gemeenskap. Dit dien ook as ’n bron van inkomste vir die plaaslike weduwees. In ’n land waar werk skaars is, gee hierdie “plaas” vir die werkers ’n mate van trots en doelgerigtheid, asook genoegsame inkomste om hul kinders te voed.

Nog ’n aspek van die bediening in Mosambiek wat vrug dra, is hulle werk onder die jeug. Die stasie bied ’n jeugprogram aan wat in samewerking met jong luisteraars vervaardig word. Naby die einde van ons span se verblyf in Mosambiek het twee broers, Mustafa en Santo Massipuca, kom navraag doen oor die volgende program. Die jeugprogram, “My Future”, fokus op jeugontwikkeling en kwessies soos dwelmverslawing en die aanbieder bespreek onderwerpe soos tienerswangerskap openlik.

God doen wonderbaarlike werk in mense se lewens
“Ons besoek was kort en ons dae volgepak, maar dit was vol sielsverrykende ervarings,” sê Gerda. “Een les wat ek geleer het, is om klagtes opsy te skuif en op te hou kerm gedurende swaar tye. Die mense in dié lande lewe in moeilike omstandighede, maar hulle verheug hulself in God se seëninge.” Hierdie terugvoer som basies ons bediening in Malawi en Mosambiek op. God doen wonderbaarlike werk deur ons spanne in Afrika. Hy bring herstel aan soveel lewens en bring Sy mense om Hom bymekaar. En om te dink dit het als begin met iets so eenvoudig dog so kragtig soos ’n radio.

Besoek febaradio.co.za vir meer inligting of klik hier febaradio.co.za om op een van verskeie maniere by FEBA se werkaamhede betrokke te raak.


19 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org