Bron: JNS.org

Danksy die Abraham-ooreenkoms en ter herdenking van die Internasionale Holocaust-gedenkdag op 27 Januarie het individue van die groep Sharaka ’n byeenkoms gehou om die slagoffers van die Holocaust te gedenk en ’n aksieplan vir die bewusmaking van die Holocaust en die bekamping van anti-Semitisme te bevorder.

Volgens Sharaka (wat “vennootskap” in Arabies beteken) is die geskiedkundige byeenkoms die allereerste inisiatief vir Arabiese leiers om die Holocaust te herdenk.

Volgens ’n berig van Jewish News Syndicate (JNS) was dit die eerste keer dat baie van die deelnemers van die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Marokko en Saoedi-Arabië ervarings oor die Holocaust gehoor het. Hoewel die Westerse wêreld sorg dat kinders op skool leer oor die Joodse volksmoord wat tydens die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het, is dit nie die geval in baie van die Arabiese lande nie.

JNS.org berig dat ’n Jodin wat die aanhouding in Auschwitz oorleef het, Vera Kriegel, tydens die geleentheid haar hartverskeurende verhaal met die deelnemers gedeel. Sy en haar tweelingsuster was ses toe dr. Josef Mengele hulle aan pseudo-mediese eksperimente onderwerp het.

“Die Holocaust is ’n onvertelde verhaal in die Midde-Ooste,” het die stigter van Sharaka, Amit Deri, gesê.

Lees die volledige berig by JNS.org

Foto: (Skermskoot) via JNS.org


 

31 Januarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.