Bron: cip.nl

In Kuba is die gesin van pastoor Yarian Sierra Madrigal, uit hul huis gesit. Die plaaslike kerk huisves hulle nou.

Madrigal is op 11 Julie gevange geneem omdat hy die Kubaanse kommunistiese regime gekritiseer het. Toe sy vrou die arrestasie kritiseer, is die persoon by wie hulle die huis huur onder druk geplaas om die gesin uit die huis te sit.

Pastoor Yeremi Blanco is ook in hegtenis geneem. Madrigal se vrou, Claudia Salazar, het heftig kapsie gemaak. “My man en pastoor Blanco is hoogs gewaardeerde Kubaanse burgers. Hulle is gesinsmense, liefdevolle vaders met wonderlike lewensverhale. Hulle is op geen manier misdadigers nie, hulle is manne van God wie se mening van die van die regering verskil en hulle het die reg om uiting te gee aan hulle gevoelens.” ’n Dag later is Claudia toe uit haar huis gesit.

Christian Today berig ook dat ’n derde predikant, Lorenzo Rosales Fajardo, ook saam met sy seun in hegtenis geneem is. Volgens die Kubaanse regering het hulle ’n oproerigheid veroorsaak. Baie mense het die afgelope weke die strate ingevaar om teen die regering en die ekonomiese krisis wat die land getref het,te betoog.


22 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.