Bron: harbingersdaily.com

Sterftes weens genadedood en bygestaande selfdood in die staat Victoria, Australië, het byna verdubbel in die streek sedert genadedood gewettig is.

’n Verpligte verslag wat twee keer per jaar deur die VADRB (Voluntary Assisted Dying Review Board) voorgelê word, het terugvoer gegee oor aktiwiteite van  1 Julie tot 31 Desember 2020  (die wet het op 19 Junie 2019 in werking getree).

Daarin word die volgende verklaar: “Die aantal toegelate genadedoodpermitte vir praktisyns het met 31,6% toegeneem en die aantal bevestigde sterftes het met 81,8% toegeneem.”

Dit was ‘n beduidende toename teenoor die vorige ses maande in Victoria. Die verslag het die volgende inligting verskaf:

  • Toegang tot vrywillige bygestaande selfdood het toegeneem.
  • Die aantal geneeshere wat betrokke is by genadedood neem steeds toe.
  • Die staat se farmaseutiese dienste het ‘n groter aanvraag [vir dodelike middels] gehad.
  • Aansoeke is selde teruggetrek (omdat die aansoeker besluit het om nie voort te gaan nie).
  • Die nakoming van die wet bly hoog.

Volgens die Australian Care Alliance was “die totale aantal sterftes deur genadedood of bygestaande selfdood in Julie tot Desember 2020 vier-en-negentig –  byna dubbel die 49 genadedoodsterftes op van Julie tot Desember 2019 … Dit verteenwoordig 0,45% van alle sterftes in Victoria in Julie-Desember 2020. Dit het Oregon twintig jaar geneem voordat genadedoodsterftes sulke vlakke bereik het.”

Lees die volledige berig by joynews.co.za

Foto slegs ter illustrasie unsplash.com


6 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.