Deur: Gillian Fraser

Die gewilde predikant, Jimmy Crompton van Port Elizabeth, is Sondag na ‘n kort siekbed oorlede. Pastor Crompton was 77 en is rustig in sy slaap oorlede.

Richard Crompton, pastoor Crompton se seun, het die volgende op Facebook geplaas:

“Hi everyone, unfortunately for us my Dad, Jimmy Crompton, has gone to meet Jesus. What a privilege to have known a man like that. He has been giant. Pastor Jimmy Crompton went to be with Jesus at 3:20am, 15 November 2020. He went peacefully after a short illness. The funeral and other arrangements will be announced on the Word of Faith Facebook page. Thank you for showing your love and care.”

Jimmy Crompton, ook bekend as James Richard Crompton, was die senior pastoor en visioenêre leier van Word of Faith Christian Centre in Port Elizabeth. Jimmy het in 1967 begin bedien en het vanjaar 53 jaar van betrokkenheid in die bediening gevier.

Hy het in ’n huis grootgeword waar profesie, wonderwerke en evangelisasie deel van die alledaagse lewe was. Jimmy Crompton was van jongs af lief vir Jesus, maar sy lewe het toe hy 18 geword het, verander toe hy met die Heilige Gees gedoop is en ’n wonderlike ontmoeting met die Here gehad het. Hierdie ervaring het gelei tot sy toetrede tot die bediening. Hy het in die klaskamer by die skool en op straathoeke begin preek. Sedertdien het pastoor Crompton die Evangelie onbeskaamd verkondig en met die liefde van die Here na ander mense om hom uitgereik.

In 1984 het pastoor Crompton die Word of Faith Christian Centre gestig. Hierdie kerk was een van die eerste kerke in Suid-Afrika wat sy deure vir veelrassige groepe geopen het (in teenkanting van die apartheidswette). Dit het daartoe gelei dat die polisie by verskeie geleenthede die kerk binnegestorm het om die erediens te stop. Dit was ’n moeilik tydperk in die geskiedenis van die kerk, en het pastoor Crompton depressief gemaak. Maar hy het inspirasie en krag geput uit ’n preek van Derek Prince, “… Put on the garment of praise for the spirit of heavines…” (Jesaja 61:3).Pastoor Crompton het hierdie ingesteldheid aangekweek en dit het die grondslag van sy bediening geword.

Sy lewensverhaal en getuienis is in ’n inspirerende boek, My Only Fight With The Devil, gepubliseer. Dit kan by Word of Faith-kerk aangekoop word. Om ’n eksemplaar te bestel, skakel 041 399 4400 of stuur ’n e-pos na info@wordoffaith.org.za Besoek hul webwerf by www.wordoffaith.org.za

Ons betuig ons innige meegevoel met pastoor Crompton se gesin, familie, vriende en gemeente.

I am saddened in my heart with the passing of a great Général, Apostle & Father in our nation. Although I’m saddened I’m…

Posted by Leon du Preez on Sunday, 15 November 2020

A message from Richard Crompton:

Hi everyone, unfortunately for us my Dad, Jimmy Crompton, has gone to meet Jesus. What…

Posted by Word of Faith Christian Centre, Port Elizabeth, South Africa on Saturday, 14 November 2020

RIP Ps Jimmy Crompton today we lost a spiritual father and mentor thank you for all your guidance thank you for what you…

Posted by Krystle Van Eeden on Sunday, 15 November 2020

Sorry to hear of the passing of Pastor Jimmy Crompton. Condolences to his wife Mariana, his son and his family and their congregation. RIP – you influenced so many in your lifetime.

Posted by Erin Georgiou on Saturday, 14 November 2020

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto: Pastoor Jimmy Crompton
17 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.