Deur: Lourieke Haller

HULP UIT ROEMENIË
Terence en Nelia van Niekerk is vanaf 2003 sendelinge in die suide van Roemenië in Călăraşi en het Ockert en Michele in 2012 bevriend. “As dit nie was vir die feit dat ons visums benodig het om die Oekraïne te besoek nie, sou ons sekerlik baie meer heen en weer gekuier het, want eintlik is ons so naby!” verduidelik Nelia. “Dit is vir ons so wonderlik hoe die Here ons paaie reeds in 2012 laat kruis het vir ’n tyd soos nou!”

Nadat die oorlog begin het, het Terence en Nelia spoedig gehoor dat die winkelrakke in Reni leeg is en het besluit om ’n klein trokkie vol te laai en Michele-hulle se kerk by te staan met donasies. Die nuus het vinnig versprei en hulle is skoon oorweldig deur mense se vrygewigheid uit verskillende lande: Suid-Afrika, Kanada, Noorweë, Engeland en Amerika!


Terence en Nelia van Niekerk is deel van ’n span Christene wat hulp aan vlugtelinge bied.

In die Here se hande
Terence het die eerste keer alleen gegaan – sonder ’n visum. “Ons het probeer om visas te kry, maar was onsuksesvol. Vir hom om die Oekraïnse grens oor te steek, is nou elke keer in die Here se hande. Hy is intussen al ses keer oor die grens en terug sonder ’n visum. Dit is soms met ’n bietjie meer gesukkel as ander kere, maar hy word deurgelaat. Ons dien ’n gróót God wat so getrou vir Sy kinders sorg!” getuig Nelia.


Grensposte is aanvanklik oorweldig deur die stroom vlugtelinge wat in snerpende winterkoue ’n plan moes maak om te oorleef totdat hulle deurgelaat kon word. Christene het Jesus se liefde en barmhartigheid prakties aan die vlugtelinge betoon

Die kerk vat internasionaal hande
Tans word die vragte grotendeels deur Jubilee Church in Maidstone, Engeland, geborg wat reeds ’n paar jaar lank by die kerk in Reni se bediening betrokke is. “Ons sendelingvriend uit Kanada, Reinhard Neufeld, help ook groothartig met die vragte – beide geldelik en met vervoer.”

Getrou aan hulle roeping
Nelia erken: “As dit nie was vir die feit dat ons liewe vriende, die Potgieters, net anderkant die Donau in die nood was nie, weet ons nie of ons ooit die moed sou hê om oor die grens te beweeg nie. Maar die Here se planne is nie ons planne nie! Hy werk op wonderlike maniere!” Danksy soveel mense se oop harte, kan die kerk in Reni voortgaan om arm mense en vlugtelinge van kos te voorsien – iets wat hulle met soveel Jesus-liefde doen. Ondanks die uiters moeilike omstandighede en gevaar, bly hierdie kinders van Jesus getrou aan hulle roeping!

HULP IN POLE
Nog ’n Suid-Afrikaner wat oorsee woon en deur Jesus se liefde gedring is om vlugtelinge uit die Oekraïne te help, is Ira van der Merwe wat in Łódź, Pole, woon. Sy het veral in daardie eerste drie chaotiese weke voordat regeringshulp ingeskop het, gehelp waar sy kon. “As iemand iets nodig het, dan help jy hulle,” sê sy. “Wat ook al jy het, deel jy.” In ’n stadium was haar huis so vol dat sy tuinmeubelkussings aanmekaargewerk het om nog ‘n matras te skep, “want jy weet nooit wie nog kom nie”.


Sergey met Nadia, Olga en Igor in die motor

Vlugtelinge uit Kharkiv
Nadia, Olga en Igor het in Kharkiv, die Oekraïne se tweede grootste stad, gewoon. Op 24 Februarie het bomme hulle woonbuurte vernietig. Nadia is die ma van Yevgeniya Güner, Ira se vriendin. Hulle het gevrees dat Nadia nie die bombardement sou oorleef nie, maar danksy samaritane soos Sergey, is Nadia twee weke later met haar dogter in Pole herenig.


Olga leer vir Ira Oekraïnse kluitjies bak

Onbaatsugtige helde
Sergey plaas sy lewe op die spel om mense uit Kharkiv te ontruim en noodsaaklike voorrade af te lewer. Sy reis is uiters gevaarlik met padblokkades, gebombardeerde strate en die voortdurende bedreiging van saboteurs. Igor, Olga en Nadia het by Ira-hulle in die huis gewoon totdat hulle ’n ander heenkome in Frankryk en Switserland kon vind. (Ira het talle ander familielede ook help ontruim.)


Igor (61) leer Ira se dogtertjie, Stella, hoe om Oekraïnse sonneblomsaad te eet

26 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org