Deur: Daniela Ellerbeck, regsadviseur vir FOR SA

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) word dikwels gevra wat mense kan doen om hulle grondwetlike reg op godsdiensvryheid te beskerm. Die goeie nuus is dat Suid-Afrika ’n grondwetlike demokrasie is, wat beteken dat die regering ons insette móét vra oor enige beleid of wette wat hy wil maak.

Die oorsprong van beleide en wette
Die meeste beleide begin in staatsdepartemente as konsepte, genaamd “groenskrifte”. ’n Groenskrif bespreek ’n spesifieke kwessie wat ’n departement oorweeg asook die beleidstandpunt wat hy beoog om in te neem. Dit word dan gepubliseer sodat énigiemand wat belangstel, kommentaar kan lewer en/of voorstelle maak. ’n Voorbeeld is die departement van binnelandse sake se groenskrif oor huwelike, waaroor baie Suid-Afrikaners in 2020 kommentaar gelewer het. ’n Groenskrif word dan gevolg deur ’n “witskrif”, wat die regering se amptelike beleidstandpunt uiteensit en gewoonlik die voorgestelde wet wat die regering wil maak, voorafgaan.

Die oorsprong van wette
Die meeste wette begin ook in staatsdepartemente as konsepwetgewing, genaamd “wetsontwerpe”. Die departement sal dan ’n wetsontwerp oopstel vir openbare kommentaar – soos die departement van justisie onlangs met die PEPUDA-wysigingswetsontwerp gedoen het. Suid-Afrika se wetgewende liggaam is die parlement, wat uit twee huise (of dele) bestaan, naamlik die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP). Nasionale wette moet deur beide huise goedgekeur word wat elk vir openbare betrokkenheid by ’n wetsontwerp vra voordat dit finaal deur die president onderteken word (as ’n parlementêre wet).

Jou stem maak saak
Die parlement verteenwoordig die mense van Suid-Afrika en geen wet kan aanvaar word sonder dat die publiek hulle sê gehad het as deel van die wetgewende proses nie. Ons moet elke geleentheid gebruik om ons stem te laat hoor. Dit is die énigste manier om te verseker dat die wette waaraan ons gehoor moet gee, ons regte – om ons ​​oortuigings vrylik te deel en uit te leef – beskerm.

Hoe laat jy jou stem hoor?
Jy laat jou stem hoor deur ’n voorlegging aan die parlement. Hoewel ’n petisie oortuigings-waarde kan hê, moet die parlement elke voorlegging wat hy ontvang, oorweeg. Geen spesifieke aantal voorleggings sal ’n wetsontwerp stuit nie, maar hoe meer individuele voorleggings oor ’n spesifieke kwessie gemaak word, hoe groter druk word op die parlement uitgeoefen om nie ’n wet te aanvaar waarmee die mense ontevrede is nie. Al voel jy skrikkerig om ’n voorlegging aan die parlement te doen, hoef jy net te sê hoekom die wets-ontwerp jou bekommer. Let wel, dit is nie genoeg om te sê dat jy nie van die wetsontwerp hou of dit afkeur nie – jy moet redes verskaf. Daarom verskaf FOR SA dikwels voorbeelde van so ’n voorlegging wat die vernaamste besware uitlig. Die publiek kan dit dan gebruik om hulle eie voorleggings te doen. Sê dus jou sê en maak seker dat jou stem gehoor word!

FOR SA is ‘n organisasie sonder winsbejag, wat regsondersteuning bied en hom beywer om ons grondwetlike reg op godsdiensvryheid te handhaaf, insluitend:

• om jou geloof in privaat asook in die openbaar met ander te deel en uit te leef
• die outonomie van godsdiensorganisasies
• ouers se reg om hulle kinders op te voed en te onderrig

Teken in op ons Nuusbrief. Bly ingelig oor heersende regskwessies.
Besoek ons webtuiste:
www.forsa.za

Skenk
Ondersteun ons sodat ons met ons werk kan voortgaan om vir godsdiensvryheid te veg


15 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org