Deur Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Konflik verskerp in Ethiopië se oproerige Tigray-streek

Die federale regering van Ethiopië het vroeg in November kommunikasie in die swaar bewapende Tigray-streek afgesny en troepe beveel om op ’n vermeende dodelike aanval op ’n militêre basis te reageer.

Skermutselings het sedertdien toegeneem en ongevalle is aan beide kante aangemeld. Abiy Ahmed, die Ethiopiese eerste minister, het verskeie verklarings uitgereik om die regering se “wettoepassingsaksie” teen die weerspannige Tigray-streek te verdedig.

Talle internasionale waarnemers en diplomate in Addis Abeba spreek egter toenemend hul kommer uit dat die groeiende konflik na ander dele van die landkan uitbrei of dat buurstate by ’n oorlog ingesleep kan word.

Die federale en Tigray-regerings was voorheen bondgenote, maar beskou mekaar nou as onwettig. Die eens dominante Tigray People’s Liberation Front (TPLF) voel gemarginaliseer en dat hy deur Abiy se hervormings geteiken word – derhalwe het hulle verlede jaar aan die regerende koalisie onttrek.

Tydens die COVID-19-krisis het die TPLF beswaar gemaak teen die vertraging van die algemene verkiesing; gevolglik beskou hulle die federale regering sowel as Abiy se verlengde ampstermyn as onwettig. Hulle het ook die federale regering se verbod op verkiesings verontagsaam en streeksverkiesings gehou, wat deur die federale regering as onwettig verklaar is.

Die federale regering het later fondse van die TPLF se uitvoerende gesag na plaaslike regerings gekanaliseer, wat die streekleierskap ontstig het. Nie een van die partye het tot dusver veel belangstelling in dialoog getoon nie. Daar bestaan ​​nou ’n wesenlike gevaar dat die streek waar Abiy ’n vername vredemaker was, in ’n burger- of streeksoorlog kan verval.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Tigray is ’n sterk basis van die Ethiopiese Ortodokse Kerk. Evangeliese en ander Christelike denominasies mag in die streek werk; hulle kry egter stelselmatige en wydverspreide teenkanting van die plaaslike regerende party se verteenwoordigers.

Die streeksregering hou die inwoners van die Tigray-streek fyn dop en enige afwyking van die “rewolusionêre demokrasie” – die ideologie van die streeksregering se regerende party – veroorsaak ekonomiese benadeling en kan lei tot administratiewe probleme en teenkanting. In die politieke milieu verseker hierdie vorm van beheer dat die regerende party alle setels tydens verkiesings verower. ’n Soortgelyke strategie word gebruik om die evangeliese Christelike beweging in Tigray te ontmoedig. Insgelyks word dit binne die samelewing in Tigray as ’n groot skande beskou om ’n evangeliese Christen te word.

Tigray-aktiviste en -amptenare noem Abiy – wat ’n toegewyde Pinkster-Christen is – “die pastoor”, om sy passievolle toesprake oor vrede, vergifnis en eenheid, bespotlik te maak. Die huidige konflik tussen die TPLF en die federale regering het ’n direkte invloed op die kerklike lewe in Tigray. Soos een kerkleier ’n week voordat geweld uitgebreek het, verduidelik het: “Hoewel ons vry is om kerkdienste te hou, kry ons sterk teenstand van Tigray se veiligheidsmagte en kaders. Die toenemende politieke en ideologiese spanning tussen die federale regering en ons streeksregering, beïnvloed ons bediening aansienlik. Deesdae het dit baie moeilik geword om ons bedieningswerk te doen. Ons kry nie toestemming om kerklike konferensies te hou nie. Hulle aanvaar summier dat ons ondersteuners van die Prosperity Party (die nasionale regerende party, verlede jaar deur Abiy gestig), is.”

Die Kerk in Ethiopië bid dat die situasie vreedsaam sal eindig. Die nuutgestigte Ethiopian Gospel Believer Churches Council – ’n sambreelorganisasie vir alle Protestantse, Evangeliese, Pinkster- en onafhanklike kerke in Ethiopië – ’n inisiatief van Ethiopië se eerste minister, het ’n vastyd van tien dae uitgeroep, aangesien alle vorige pogings tot bemiddeling misluk het.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat Abiy en sy regering oordeelkundig op die huidige uitdaging sal reageer en dat ’n vreedsame oplossing, tot voordeel van die land en streek, gevind kan word;
  • dat kerkleiers in Tigray standvastig sal bly en hulle gemeentes met moed en wysheid sal lei gedurende hierdie baie moeilike tye; en
  • dat Ethiopiese gelowiges die Here se wil sal soek en Hom sal gehoorsaam, sodat hulle oor etniese en denominasionele grense heen, Sy ambassadeurs van vrede en versoening kan wees.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


16 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.