Bron: incontextinternational.org

Ná die onlangse onthoofding van ’n Franse onderwyser wat spotprente van Mohammed aan skoliere gewys het, is 15 mense in hegtenis geneem en word 51 Islamitiese organisasies tans ondersoek.

Samuel Paty, ’n Franse geskiedenis onderwyser, is in Oktober, in ’n Paryse voorstad, net buite sy skool deur ’n 18-jarige vermeende Islamiet van Tsjetsjniese afkoms, onthoof. Die verdagte is later deur die polisie doodgeskiet.

Politieke en godsdienstige leiers in Frankryk het hul verontwaardiging oor die moord uitgespreek en vir eensgesindheid gepleit. President Macron het hom daartoe verbind om “Islamitiese seperatisme” uit te wis. Volgens ’n berig van die New York Times het hy gesê dat die invloed van Islamisme in openbare instellings uitgewis moet word en het terselfdertyd erken dat die regering daarin misluk om die verspreiding van ekstremisme hok te slaan.

Die moord op die onderwyser het herinneringe opgeroep van die aanval op die kantore van die satiriese tydskrif, Charlie Hebdo, wat vyf jaar gelede plaasgevind het. Dié aanval het gevolg op die publikasie van karikature van die profeet Mohammed, wat verdeeldheid onder die Franse publiek gesaai het wat vandag steeds sigbaar is.

Die oorsprong van die toenemende verdeeldheid oor godsdiensvryheid en vryheid van spraak is ingewikkeld en sluit onder meer oorsese konflikte, rassisme en maatskaplike marginalisering, wat deur vele immigrante in Frankryk ervaar word, in.

Sekularisme ’n heilige koei in Frankryk, maar dit sluit nie die reg om godsdiens vryelik te beoefen uit nie. Dié onlangse moorde kan tot groter pogings lei om geloofsuitsprake uit die Franse samelewing te verban, met die doel om radikale Islam te beperk. Dit kan egter ook Christelike aktiwiteit aan bande lê.

Terwyl die Franse samelewing met die uitdagings wat verband hou met godsdiensidentiteit en ideologie worstel, kan Franse gelowiges die Evangelie uitleef, soos byvoorbeeld om na gemarginaliseerde immigrante uit te reik.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


12 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.