Bron: BillyGraham.org

In ’n sterk en duidelike teregwysing van die kanselleerkultuur wat tans in Engeland heers, het ’n hof beslis dat daar in 2018 teen  die Lancashire Festival of Hope met Franklin Graham gediskrimineer is deur die Blackpool Borough Council en Blackpool Transport Services Limited deur busadvertensies te verwyder wat bloot  “Time for Hope” gesê het.

“Ons dank die Here vir hierdie uitspraak, want dit is ’n oorwinning vir elke Christen in die Verenigde Koninkryk,” het Franklin Graham gesê.

Die hof het nadruklik bevestig dat Christene en mense van ander gelowe wat tradisionele godsdienstige sienings oor die huwelik en menslike seksualiteit huldig en dit in die openbaar uitspreek, daarop geregtig is en die beskerming van die wet geniet.

Volgens die hof het Blackpool die Wet op Gelykheid oortree deur teen die fees te diskrimineer en spesifiek teen Franklin Graham se godsdienstige siening. Die hof het bevind dat Blackpool ook met die Lancashire Festival of Hope se reg tot vryheid van uitdrukking ingemeng het.

’n Twitter-veldtog deur LGBT-aktiviste het Blackpool onder druk geplaas om die busadvertensies te verwyder weens Franklin Graham se geloofsoortuigings oor die huwelik. Die regter het beslis dat opregte geloofsoortuigings oor die huwelik –  wat kenmerkend is vir Christene en ander godsdienste –   nie beteken dat die individue of organisasies wat die sienings huldig ”ekstremisties” is nie. Daar mag ook nie teen hulle gediskrimineer word nie en hulle is geregtig op dieselfde   vryheid van uitdrukking as diegene wat ander sienings huldig.

“Hierdie uitspraak bevestig dat alle Christene in die Verenigde Koninkryk die reg het om hul oortuigings op die openbare plein te deel sonder dat daar teen hulle gediskrimineer  mag word of dat openbare amptenare en ander groepe wat hulle wil stilmaak, met hulle mag inmeng,” het James Barrett, voorsitter van die Raad van Direkteure vir die Billy Graham Evangelistic Association UK, gesê. “Ek is dankbaar dat die howe weer eens bevestig het  dat die vryheid om slegs te mag sê wat niemand aanstoot gee nie,  glad nie vryheid van spraak is nie.”

Die regter het  “oorweldigend ten gunste van die Lancashire Festival of Hop” beslis en gesê Blackpool “het  die fees se reg tot vryheid van uitdrukking “ totaal misken”, terwyl dit terselfdertyd voorkeur gegee het aan die regte en menings van die LGBT-gemeenskap.

Lees die volle hofbeslissing hier (PDF)

Foto: Die busadvertensies vir die Lancashire Festival of Hope met Franklin Graham is in 2018 in Blackpool, Engeland, verwyder. (FOTO: BillyGraham.org)


6 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.