-deur Geerten van Breugel

Bron: cip.nl

5 September 2019

Die Finse parlementslid en voormalige minister van binnelandse sake, Päivi Räsänen, is in die spervuur nadat sy op Facebook kritiek gelewer het op die Evangeliese Lutherse Kerk van Finland se deelname aan die Helsinki Pride-optog vroeër vanjaar.

Die Finse polisie begin nou met ’n voorlopige ondersoek teen die politikus oor diskriminasie teen minderhede, sê  Evangelical Focus

Räsänen het op Facebook gevra: “Hoe kan ’n kerk sy grondslag en die Bybel vereenselwig met trots op sonde … ?” Die politikus het ’n foto van Romeine 1:24-27, met die Bybel se standpunt oor homoseksualiteit, geplaas.

Hoewel die voorlopige ondersoek na die verklarings van die politikus dus begin het, het Räsänen getwiet dat sy nie bekommerd is nie. “Ek is nie bekommerd nie, want ek vertrou dat dit nie na die aanklaer sal gaan nie.”

Die Finse politikus is self ook ’n lid van die Lutherse Kerk soos 69% van die Finse bevolking. Sy het vroeër ook haar standpunt oor aborsie, genadedood en die huwelik uitgespreek.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.