Bron: premierchristian.news

Die Finse appèlhof in Helsinki het die saak teen die Christen-LP, Päivi Räsänen en biskop Pohjola heropen.

Die twee is van haatspraak beskuldig omdat hulle hul Christelike sienings oor die huwelik en seksuele etiek op sosiale media en in ’n pamflet bekengemaak het.

In Maart het die hof besluit om alle aanklagte teen die twee aangeklaagdes van die hand te wys, met die argument dat “dit nie vir die distrikshof is om Bybelse konsepte te interpreteer nie.”

Die aanklaer het toe in April teen die distrikshof se beslissing geappelleer. Daar word onder meer geëis dat Räsänen and Pohjola se publikasies gesensor moet word.

Dié petisie is nou deur die Helsinki-hof van appèl aanvaar, wat beteken die saak nou heropen word.

Räsänen het gesê: “Ná my volle vrystelling in die hof is ek ontsteld dat die aanklaer nie hierdie veldtog teen my wil laat vaar nie. Maar die besluit om te appelleer, kan daartoe lei dat die saak na by die hooggeregshof beland, wat die moontlikheid bied om ’n positiewe presedent vir vryheid van spraak en godsdiensvryheid vir alle Finse mense te verseker. Ek is ook bly dat hierdie besluit sal lei tot gesprekke in die samelewing oor die Bybel se leringe. Ek is gereed om vryheid van spraak en godsdiensvryheid in alle howe te verdedig.”

Die saak sal na verwagting nie voor die Europese herfs begin nie en kan so laat as iewers in 2023 begin.

Foto: Päivi Räsänen (Christian News)


16 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org