Far East Broadcasting Association (FEBA) se bediening groei met rasse skrede in Afrika en nuwe mylpale word gereeld bereik. In Malawi is die nuwe ateljee, Litala FM, goed op dreef nadat uitsendings na plaaslike gemeenskappe deur internetuitsendings bekendgestel is. Daar is nou ses FEBA-radiostasies in Afrika: Radio FOT; Hoop Radio Chiuanjota en Radio Nuru in Mosambiek; Radio Shahada in Tsjad; KanuYah FM in Mali en Litala FM in Malawi. Die filters vir die nuwe radiostasie is reeds op pad van Italië af en die stasie behoort binnekort in volle swang te wees. Malawi het ’n potensiële teikengehoor van tussen drie tot vier miljoen luisteraars.
Sukses word veral in Malawi bereik met die bekering van Yao-Moslems in die suid-oostelike dele van die land. Met die nuwe plaaslike radiostasies kan nog meer mense in die afgeleë gebiede bereik word en die verwagtinge is hoog!

FEBA versterk bekeerlinge te midde van vervolging
Daar word beweer dat meer as 80% van alle godsdiensvervolging teen Christene gemik is en Malawi is geen uitsondering nie. Daar word gereeld berig oor die spanning tussen Moslems en Christene. Plunderaars beskadig kerkgeboue en nuwe gelowiges word aangeval. Te midde van die vervolging speel die FEBA-radio-uitsendings ’n baie belangrike rol om die nuwe bekeerlinge te ondersteun en hulle geloof te versterk.

Ná 30 jaar ’n eie uitsaailisensie
FEBA Malawi het eers in 2020 sy eie FM-uitsaailisensie ontvang nadat daar meer as 30 jaar lank van ander radionetwerke gebruik gemaak is om geestelike en opvoedkundige programme uit te saai. Voorheen het die span ook vanuit ’n kerk in Blantyre uitgesaai. Skenkings is aangewend om die nuwe radiostasie te ontwikkel, toerusting aan te koop en om personeel wat as gevolg van die pandemie afgelê moes word, weer aan te stel.

Groot sukses en vrug met luisteraarsklubs
Die span is veral suksesvol met luisteraarsklubs wat in verskeie distrikte op die been gebring is in dorpies soos Balak, Mangochi, Machinga, Salima en Zomba. Duisende luisteraarsklubs is reeds gestig en daar is veral in Maart vanjaar vordering gemaak met die stigting van ’n ekstra 150 aktiewe luisteraarklubs. Die produksiespan van die Way of Life-program besoek die luisteraarsklubs gereeld. Sommige van die klubs het gelei tot die totstandkoming van kerke in die dorpies Salima en Balaka. In Blantyre het selfs COVID-19 nie die span se werk aan bande gelê nie. Ongeag die pandemie het hulle voortgegaan om die Yao-Moslems in omliggende dorpe getrou te bedien. Duisende Yao-Moslems het reeds tot bekering gekom danksy FEBA Malawi en die verwagting is dat Litala FM sal voortbou op die goeie grondslag wat reeds gelê is. Hoewel die span weens die pandemie nie ver kon reis nie, het hulle steeds in kontak gebly met 210 Yao-Moslems van die luisteraarsklub en 130 van hulle is na Christus gelei.

’n Pluimpie vir die Malawi-span
Die uitsonderlike groei van die luisteraarsklubs hou baie potensiaal in vir die verspreiding van die Evangelie, want dit lok ander dorps-bewoners. “Ek luister daagliks na FEBA se uitsendings. Elke program gee my gemoedsrus,” laat ’n luisteraar van Kachenga ons weet. ’n Ander verseker ons: “Sonder ’n radio sou ek nooit deel van ’n kerk gewees het nie.” Dit is verblydend om sulke getuienisse te hoor en ’n pluimpie in die hoed van die Malawi-span. Die span se suksesse getuig van harde werk, ’n diep geloof en deursettingsvermoë. Die nuwe radiostasie is ’n uitmuntende prestasie, veral as daar in ag geneem word dat die span dikwels uiteenlopende uitdagings moet trotseer soos swaar reënneerslae; brûe wat ineenstort as gevolg van die swaar reën en ook die swak paaie, wat die vervoer van die toerusting bemoeilik het.

Bekwame bestuur
FEBA Malawi is onder die bekwame bestuur van eerwaarde Amos Siyabu Phiri. Hy en sy span is voortdurend op soek na dorpe waar nog nie luisteraarsklubs gestig is nie. Gevestigde klubs word besoek om die Woord van God te deel en radio’s te versprei. Leiding word ook aan die klubleiers gegee oor hoe om hulle lede te versorg en dissipels van hulle te maak.

Interessante geskiedenis
Die verkondiging van die Evangelie in Malawi het ’n interessante geskiedenis. In die 1880’s het Robert Laws en ’n groep Skotse Presbiteriaanse sendelinge die Evangelie na Bandawe, by die Malawi-meer, gebring. Die Yao-volk het vanweë hulle historiese kontak met die Arabiese slawehandelaars Islam as geloof aanvaar. Sedert FEBA begin het om die Evangelie aan hulle te verkondig, het duisende tot bekering gekom en hulle lewens aan Christus oorgegee. Hierdie oorwinning is ’n direkte gevolg van FEBA se radiobedienings.

Koop ’n Degen DE-opwenradio wat met sonkrag werk teen R750. Ons skenk dan die tweede radio of die fondse daarvoor aan een van ons FEBC-velde waar mense min of geen blootstelling aan Christus het.

Koop een radio = Skenk een radio (R750)

Vat hierdie maand hande met FEBA en maak ’n donasie:
Bankbesonderhede:

Standard Bank Gezina
Takkode: 014 845
Rekeningnr: 20 10 84 77 5

ABSA Bank Ben Swartstraat
Takkode: 632 005
Rekeningnr: 40 55 31 35 41

info@febaradio.co.za
+27 12 335 5708


31 Desember 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org