Deur: Voice of the Martyrs Suid -Afrika
Bron: www.persecutionsa.org

Toe ’n span evangeliste na ’n mark in Qom, in Iran, gaan om die Evangelie te verkondig, het hulle ’n jong seun ontmoet wat by die basaar sokkies verkoop. Terwyl hulle met die seuntjie gesels het, ontdek hulle dat hy ’n selfoon het en gee hom toe ’n mikro-SD-kaart met Christelike materiaal daarop.

Hulle het hom gevra om die mikro-SD-kaart in sy foon te plaas om te sien of dit werk. Toe die seuntjie dit doen, het die Pilgrim’s Progress-animasierolprent begin speel en dadelik sy aandag getrek. Hy het vrae daaroor begin vra. Een van die werkers het vir hom gesê dit is ’n geskenk vir hom.

Die seuntjie kon dit nie glo nie en wou weet of hy dit regtig maar kan hou. Die span het verder met hom gesels en hom ook ’n kopie van ’n tydskrif gegee met die Evangelieboodskap daarin.

Bid dat hierdie seuntjie Christus sal ontmoet deur die Evangelieboodskappe in hierdie Christelike materiaal talle Christene se lewens sal aanraak.

Bid dat meer mense na Christus toe sal kom in Iran.

Foto: www.persecutionsa.org

6 September 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening

Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.