Deur: Evangelical Focus
Bron: evangelicalfocus.com

Duisende mense het aangesluit by een van die 61 optogte wat onlangs in Frankryk gehou is om te betoog teen die nuwe Wet op Bio-etiek, wat in 2021 in werking sal tree.

Ongeveer 1 000 mense het in Parys vergader onder die slagspreuk: “Marchons Enfants!” Die betogings is gehou om aan te dring dat kinderregte gehandhaaf word en om kapsie te maak teen die negatiewe gevolge daarvan om medies-ondersteunde bevrugting vir alle vroue moontlik te maak sonder dat daar ’n vader in die prentjie is.

 Betogers het kapsie gemaak teen die “kommersialisering van kinders. / Twitter CPDH

Die optoggangers het versoek dat menswaardigheid gerespekteer moet word en ’n wet te stop wat nie “eties” is nie. “Geen kind sonder ’n pa nie” en “nee vir geldmakery uit voorplanting’ is van die ander slagspreuke wat gehoor is.

Honderde mense het ook in ander stede soos Chambéry, Straatsburg, Rennes, Nantes en Niort vergader. In alle gevalle het die optoggangers gesigmaskers gedra.

Evangeliste ontken “kommersialisering van kinders”

Onder die entiteite wat deel uitmaak van die “Marchons enfants!”-inisiatief is die Protestantse Evangeliese Komitee vir Menswaardigheid (CPDH). Die entiteit het aangevoer dat Frankryk die deure oopmaak vir die “kommersialisering van kinders”.

“As die wet deurgevoer word, is die vrywillige en wettige uitskakeling van ’n vaderlike verbintenis totaal onaanvaarbaar en ondenkbaar”, het die CPDH in ’n onlangse verklaring gesê.

Betogers by een van die 61 byeenkomste. / Twitter CPDH

Die evangeliese liggaam het ook gesê dat die beloftes van ’n “eerlike en openlike debat met die samelewing”, wat deur die Franse premier gemaak is, nie nagekom is nie.

In ’n onderhoud met Evangelical Focus het die president van CPDH, Franck Meyer, gesê dat “die wil van president Emmanuel Macron duidelik afgedwing word, wat bio-etiek aan betref”.

Daar is gevra vir ’n moratorium op die wetsontwerp op bio-etiek en vir hernieude pogings om na die burgerlike samelewing te luister sodat ‘n wet iingestel sal word wat menswaardigheid en die regte van kinders respekteer.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto: Die “Marchons Enfants!”-optog in Parys. / TwitterCPDH
23 Oktober 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.