Bron: The Christian Post

Die Europese Unie (EU) het Israel gewaarsku dat die erfenis en tradisies van die Christelike gemeenskap in die historiese Jerusalem in gevaar is aangesien Israel se hooggeregshof die oorname van Grieks-Ortodokse eiendomme deur ‘n Joodse groep toegelaat het, berig die The Christian Post.

Die verteenwoordiger van die EU in die Wesoewer en Gasastrook het kommer uitgespreek oor verlede week se uitspraak deur die land se hoogste hof. Dit het beslis dat die Joodse groep, Ateret Cohanim, die ‘Little Petra Hotel’ en die ‘Imperial Hotel’ in die ou stad van Jerusalem in 2004 wettiglik gekoop het.

Hierdie hotelle is geleë in die omgewing van die Jaffa-poort, wat op die pelgrimsroete na die Kerk van die Heilige Graf is. Daardie kerk is gebou op die plek waar talle Rooms-Katolieke en Ortodokse Christene glo Jesus gekruisig is.

“Pogings deur setlaars om Christelike eiendom in die Ou Stad van Jerusalem oor te neem, moet gestaak word omdat dit die erfenis en tradisies van die Christelike gemeenskap in gevaar stel,” het ‘n verteenwoordiger van die EU in die Palestynse gebiede in ‘n verklaring gesê.

Die Ateret Cohanim-groep sê op sy webwerf dat hy “werk daaraan om eiendomme wat voorheen in Israel se hoofstad deur Jode besit is, terug te koop en om Joodse woonbuurte in die hartjie van die Ou Stad en omliggende gebiede te herstel.”

Ateret Cohanim beweer hy het drie kerkgeboue in 2004 gekoop in ‘n geheime transaksie gedurende die tyd van patriarg Irineos, wat later afgedank is nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die eiendom sonder die kerk se toestemming verkoop het.

Verlede Woensdag het Israel se hooggeregshof die Grieks-Ortodokse patriargaat se appèl teen die oorname van Christelike eiendomme van die hand gewys, volgens die AFP.

Waarnemende hoofsekretaris van die Wêreldraad van Kerke (WRK), ds. Ioan Sauca, het ‘n verklaring ter ondersteuning van die Grieks-Ortodokse Kerk in Jerusalem gemaak. “Die WKK erken die erns van die bedreiging en ondersteun kerkleiers se oproep vir ‘n dringende dialoog met die politieke owerhede van Israel, Palestina en Jordanië, om hierdie uitdagings die hoof te bied en om die Christelike gemeenskap te ondersteun en te beskerm,” het Sauca gesê.


20 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org