-deur Patrick Goede

Bron: cip.nl

12 Februarie 2020

Hindoe-ekstremiste het Christen-kinders tydens ’n erediens in Suid-Indië mishandel. Die ekstremiste het ook gedreig om die Christene se huise af te brand en het vals klagtes by die polisie teen van die gemeentelede gaan lê.

Mary Bellary het die erediens saam met haar man gelei en gesê: “Hulle het verskeie foto’s van ons kinders geneem. Ek het hulle gevra om dit nie te doen nie en om asseblief nie die gebed te steur nie.”

Die mans het egter voortgegaan daarmee en gesê die Christene probeer ander mense bekeer.

Van die ander Christene het ook vertel oor die groep van twaalf kinders wat aangeval is.

“My man en oom het die vroue en kinders probeer beskerm, maar die groep mans was sterker en baie aggressief. My 15-jarige seun is in die maag geslaan en ander kinders is op die grond neergegooi en geskop,” vertel Mary.

Die aggressiewe mans het toe gedreig om die huise van die Christene aan die brand te steek as hulle durf waag om daardie dag ’n voet buite te sit. Die Hindoe-ekstremiste het ’n klag by die polisiekantoor ingedien en gesê die Christene val mense tydens hulle gebedstyd aan.

Die Christen-leiers is gevange geneem en toe op borgtog vrygelaat. Na ’n lang bespreking het die offisiere tot die gevolgtrekking gekom dat die Hindoes die Christene aangeval het. Onder druk van die Hindoes, is die kompromie toe aangegaan dat die saak teen albei partye teruggetrek sal word,  berig die Christian Post.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.