Deur Barnabas Fund
Artikelbron: barnabasfund.org

Die Egiptiese ministerie van onderwys het die instelling van onderrig oor die Christendom en die Judaïsme as deel van godsdiensonderrig in skole goedgekeur om die “gemeenskaplike waardes”’ wat dit met Islam deel, uit te lig.

Die stap, wat deur die Egiptiese parlement voorgestel is, het ten doel om godsdiens-verdraagsaamheid en onderlinge begrip te bevorder.

Kamal Amer, die hoof van die Parlementêre Verdedigings- en Nasionale Veiligheidskomitee, het gesê: “Die ministerie van onderwys se goedkeuring ten opsigte van die onderwerp van godsdienswaardes wat deur die goddelike godsdienste gedeel word, is sprekend van die staat se begeerte om die waardes van verdraagsaamheid en broederskap te bevorder.”

“President Abdel Fattah al-Sisi wil die jeug die waardes van respek vir ander leer, asook verdraagsaamheid en om fanatisme en ekstremisme te verwerp,” het Amer voortgegaan en die regering se motivering vir die bekendstelling van die nuwe vakke verduidelik.

Farid el-Bayadi, ’n komiteelid wat die voorstel by die parlement ingedien het, het ook aangevoer dat Islamitiese godsdienstekste nie gebruik moet word vir die onderrig van skoolvakke wat nie iets met godsdiens te doen het nie omdat dit “te gevaarlik” is … dit lei daartoe dat onderwysers sulke tekste op ekstremistiese en ondermynende maniere interpreteer,” het Bayadi gesê.

Pres. al-Sisi het dikwels die aanvalle op Christene veroordeel en sy ondersteuning uitgespreek vir die Christelike gemeenskap, wat ongeveer 10% van die Egiptiese bevolking uitmaak. Sy regering het geleidelik gewerk om in September 2016 kerke en kerkverwante geboue te wettig na die herroeping van die beperkings van die Ottomaanse era. In 2019 het die Egiptiese premier Mustafa Madbouli daarop aangedring dat die kabinetskomitee wat verantwoordelik is vir die lisensiëring van kerke, sy werk bespoedig om die agterstand van ongelisensieerde geboue uit te wis. Die komitee het in Desember 2020 twee en sestig nuwe registrasies goedgekeur.


Foto: Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi. commons.wikimedia.org

30 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.