-deur Efrem Graham / CBN News

Bron: www.charismanews.com

25 Junie 2020

Gedurende die COVID-19-inperking het baie mense ’n televisiereeks, The Chosen, van die internet afgelaai en daarna gekyk. Die reeks handel oor die lewe van Jesus Christus.

Nie in Hollywood vervaardig nie
The Chosen is die eerste televisiereeks oor die lewe van Jesus. Die reeks, wat buite die Hollywood-stelsel geskep is, beeld Jesus uit deur die oë van die mense wat Hom geken het.

Geheel en al deur private skenkings befonds
Seisoen 1 is geheel en al deur private skenkings befonds. Dit maak die reeks die nommer 1 mediaprojek van alle tye wat deur skarefonds-werwing gefinansier is (crowd-funded). Skenkings van meer as $10 miljoen is ontvang.

Die reeks is deur Vid-Angel-produksies versprei.

Hoekom “The Chosen”?
Danksy die reeks word Bybelkarakters mense in lewende lywe. Die skrywer en regisseur, Dallas Jenkins, verduidelik wat die rede vir die naam van die reeks:

“Ons beskou en gebruik die term vir Christus as die ‘Uitverkorene’. Dit verwys dus op verskeie maniere na Christus. Dit betrek ook die Jode as God se uitverkore volk. Selfs as ’n evangeliese Christen, glo ek dit. Die naam sinspeel ook op die mense wat deur Christus gekies is om Hom te volg en deel van Sy span te wees.”

In sy bloed
’n Mens kan sê dat dit in Dallas Jenkins se bloed is om Bybelverhale te vertel. Sy pa, Jerry, is die medeskrywer van die gewilde boekreeks, Left Behind.

Klik hier om die res van die verhaal op CBN News te lees.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.