Deur: FOR SA
Bron: forsa.org.za

’n DA-parlementslid (LP) het haar voorneme gepubliseer om ’n wetsontwerp op die wysiging van die huidige Kinderwet voor te stel wat “omskakelingsterapie” van kinders sal verbied (die “omskakelingsterapie” word nie in die kennisgewing omskryf nie, behalwe om te sê dat dit ’n “pseudo-wetenskaplike benadering is om kinders van homoseksualiteit te probeer ‘genees’”).

Die gepubliseerde voorneme is oop vir openbare kommentaar tot 4 Augustus 2021. Kommentaar kan per e-pos aan speaker@parlament.gov.za gestuur word.

Dit is egter belangrik om daarop te let dat dit bloot ’n kennisgewing is van die LP se voorneme is om ’n wetsontwerp voor te stel. Dit is nog nie die wetsontwerp nie. Die enigste kommentaar wat ’n mens in hierdie stadium kan lewer, is dus of daar ’n behoefte aan die wetsontwerp is of nie.

Sonder om die teks van die wetsontwerp te sien, kan Freedom of Religion South Africa(FOR SA) nie beslis of dit inbreuk sal maak op enige godsdiensvryheidsregte nie, en sal dus in hierdie stadium ook geen kommentaar lewer op die voorgenome voorstel nie.

Ons sal jou egter op hoogte hou van enige verdere verwikkeling in die saak.


21 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.