Bron: cip.nl

Nege Duitse evangeliste is deur ’n Spaanse hof vrygespreek nadat hulle van “openbare rusversteuring” aangekla is toe hulle in ‘n metro van Valencia evangelisasiewerk gedoen het. Die stelling: “Hierdie trein is vol sonde en die dood” het groot onrus onder die passasiers wat dit gehoor het, veroorsaak en daar was ’n stormloop van mense om by die trein se deure uit te kom om te vlug. Een van die slagoffers het die evangeliste gedagvaar en vier jaar gevangenisstraf geëis, berig Evangelical Focus. Die evangeliste is vandeesweek deur die Spaanse regter vrygespreek.

In die somer van 2018 het die nege Duitse evangeliste ’n drukbesige metro met feesgangers in Valencia, Spanje betree. Hulle wou die evangelie deur ’n megafoon verkondig. “Hierdie metro is vol sonde en dood,” het hulle in die volgepakte trein geskree. Een van die passasiers het gedink die evangeliste het ’n bom. By die volgende treinstasie het die mense die deure stormgeloop. Sommige reisigers is beseer. Een van hulle het die evangeliste gedagvaar omdat hulle die openbare orde versteur het.

Vandeesweek, meer as twee en ’n half jaar later, het die verhoor plaasgevind. Die regter het besluit dat die evangeliste onskuldig is en nie van plan was om ’n bohaai te veroorsaak nie. Die beskuldigde evangeliste het ook nie die metro in Valencia wesenlik beskadig nie.


31 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.