Byskrif: Ondersteuners van Benjamin Netanyahu op 26 November 2019 in Tel Aviv. (Flash90 / Miriam Alster)

Bron: worldisraelnews.com

 27 November 2019

Duisende mense het Dinsdag verenig ter ondersteuning van eerste minister Benjamin Netanyahu, terwyl hy tereg staan op ’n aanklag van korrupsie en ’n moontlike opstand binne sy eie party in die gesig staar.

Die groot steun kan Netanyahu ’n hupstoot gee in terme van die openbare mening en teen moontlike teenstanders in sy Likud Party, aangesien die land op pad is na nog ’n verkiesing. Netanyahu het beweer dat hy die slagoffer is van ’n poging tot ’n “staatsgreep” deur die oorywerige polisie-ondersoekers en -aanklaers.

’n Skare van ongeveer 5 000 mense het in Tel Aviv saamgetrek en Israelse vlae en plakkate vertoon wat die aanklaers van “afpersing” en “dreigemente” beskuldig het.

Netanyahu se bondgenoot Micky Zohar, een van die min amptenare van die Likud wat die optog bygewoon het, het gesê dat die doel van die betoging nie was om die regstelsel aan te val nie, waarop die skare hom uitgejou het.

“Ons kan nie die stelsel vervang nie, maar ons kan dit verander,” het hy gesê.

Met Israel wat in minder as ’n jaar nog ’n verkiesing sal moet hou, poog Netanyahu om enige moontlike opstand in Likud te ontlont deur sy basis van Sionistiese en godsdienstige kiesers hulle stem dik te laat maak.

Slegs een hoofamptenaar, Gideon Sa’ar, daag die premier openlik uit, maar die swye van ander laat mense gis oor moontlikheid ​​dat steun vir Netanyahu besig is om te verbrokkel.

Lees die volledige berig in Engels by worldisraelnews.com


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.