-deur Chris Mitchell

 Bron: cbn.com

2 Desember 2019

 

Dit is byna twee maande sedert Turkye die noordooste van Sirië ingeval het. Die inval het honderdduisende Arameërs ontwortel en met die winter op hande, word daar gewaarsku dat ’n humanitêre krisis die gevolg kan wees.

Verlede week het die Turkse weermag en hul djihadistiese vrye Siriese leërmag ’n vlugtelingkamp in die stad, Ain Issa (“die oë van Jesus”), ingeval

“Daar is skietery. Die Turkse en die Vrye Siriese leër probeer Ain Issa binneval …” het Dave Eubank, die leier van die Free Burma Rangers, in ’n video oor die aanval gesê.

Die stryd om Ain Issa is die mees onlangse geveg vir beheer oor die gebied in die noordooste van Sirië en is nog ’n bewys dat daar sedert die begin van die Turkse inval, meer as vyf weke gelede, nog nooit ’n ware wapenstilstand was nie.

Dave Eubank en sy Free Burma Ranger-span is op die frontlinies en dokumenteer die gevegte en ook die humanitêre krisis wat besig is om te ontvou.

“Hierdie is ’n paar van die 300 000 mense wat deur die Turkse en die Vrye Siriese leër aangeval word. Hulle woon al amper ’n maand lank hier in hierdie tente. Nou is dit baie koud,” het Eubank in ’n video gesê.

Sy span is besig om kos en water aan hierdie hawelose gesinne te verskaf. Die haglike toestande is alles ’n direkte gevolg van Turkye se inval in Sirië.

Ongeveer 15 000 Siriese vlugtelinge het in Noord-Irak skuiling gesoek, terwyl die res in Sirië agtergebly het. Al twee groepe sal die komende winterkoue, reën en modder moet trotseer. Hulplenigingsagentskappe waarsku dat sommige mense in Sirië nie skoon drinkwater het nie en dat talle mense skuiling, voedsel en brandstof benodig. Dit is alles deel van die humanitêre krisis wat met die inval vroeg in Oktober begin het.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.