Deur: Kerk in Nood
Bron: kerkinnood.nl

In die Pakistanse stede Hyderabad en Karachi word duisende huise wat deur die provinsiale regering van Sindh as onwettige nedersettings beskou word, gesloop. Daar is talle Christene onder die slagoffers wat nie vergoed is nie en ook geen ander heenkome het nie.

Ná verlede jaar se erge oorstromings in Karachi, is daar besluit om stedelike riool “op te ruim”. Om die plan te implementeer, moes 14 000 huise en 3 000 winkels gesloop word. In Karachi sal 600 Christen-gesinne in die Gujjar nullah (wat dreineringskanaal beteken) ontheem wees. Een van die inwoners, Anum Arif, is ’n Rooms-Katolieke vrywilliger van Karitas Pakistan Karachi wat in die buurt van die Nullah woon. Die jong vrou het met Aid to the Church in Need gesels.

“Dit is nou vier maande sedert daar met die sloping in 28 nedersettings aan beide kante van die Nullah begin is. Die Nullah was eens ’n stroompie wat saamgesmelt het met die Lyari-rivier voordat dit in die Arabiese See vloei. Meer as 900 Christen-gesinne woon in die omliggende krotbuurte. My oupa het destyds ’n stuk grond van 15 000 vierkante meter gekoop. My familielede besit ook verskeie huise daar. Daar is twee kerke, twee skole en ’n madras [Koranskool] in die gebied. Diegene wie se huise geoormerk word om gesloop te word, moet hulle huise binne sewe dae te ontruim.”

Vergoeding vir hervestiging

“Daar is hewige besprekings oor die kwessie van vergoeding, want dit is van groot belang vir baie gesinne in die omgewing. Sommige voer aan dat daar geen reg op vergoeding is nie, want hulle sê dat die grond onwettig beset is. Die hooggeregshof in Pakistan het beveel dat vergoeding voor die ontruimings gegee moet word, maar die ontheemdes wag nog. Volgens gerugte word onvrugbare grond in die buitewyke van Karachi opsy gesit,” het Arif gesê. “Ons betaal ons elektrisiteit- en gasrekeninge. Die staatsdepartemente het ons betalings vir hierdie dienste aanvaar. Hulle moet verantwoordelik gehou word. Die regering het nie besonderhede verskaf oor die hervestigingsplanne nie. Ons huur nou ’n huis met twee kamers, maar baie ander het nêrens om heen te gaan nie. Ons wil nie geld of grond hê nie, ons het ’n huis nodig.”

Planne rampspoedig

Volgens Arif is die gevolge van die planne rampspoedig. “Dagarbeiders sal in die proses swaar getref word. My pa, ’n skoonmaker, het al sy spaargeld bestee om ons viervertrekhuis met twee verdiepings te bou. Ek is daar gebore. Voor sy oorwinning in die algemene verkiesing in 2018, het premier Imran Khan belowe om 10 miljoen werksgeleenthede te skep en 5 miljoen huise in sy termyn van vyf jaar te voorsien. Maar ons word dakloos gemaak. Die wet verdruk die swakkes ten gunste van die magtiges. Ons drome is aan skerwe.”


28 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.